Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Bykans 800 mynwerkers in 1 week toets positief
Die aantal mynwerkers wat positief vir die koronavirus toets, neem steeds toe. Foto: Bloomberg

Daar is nou 2 573 mynwerkers in die land wat die koronavirus onder lede het. Dit is ’n styging van 777 gevalle in een week.

Die afgelope week het sewe mynwerkers aan Covid-19 gesterf. Dit bring die totale sterftesyfer in die sektor op 13.

Tebello Chabana, hoofbestuurder van openbare betrekkinge en transformasie van die Mineraleraad, het Donderdag in dié raad se weeklikse gesprek oor die verspreiding van die virus gesê dié styging is in pas met wat in die res van die land gebeur.

As ’n mens na Suid-Afrika as geheel kyk, het nuwe gevalle van mense wat dié virus onder lede het, met 35% gestyg. In die mynbousektor was die toename egter 43%.

Net soos ’n week gelede wys die jongste syfers dat die virus veral onder platinum-mynwerkers in Noordwes versprei.

Net in dié sektor het die infeksies die afgelope week met 498 gevalle gestyg.

Chabana het gesê dié styging maak sin, omdat die meeste mynwerkers in die platinumsektor werk.

Siftingstoetse vir simptome word steeds daagliks gedoen op 287 297 mynwerkers wanneer hulle werk toe kom.

Die sektor het tot nou toe 19 665 werkers vir die virus laat toets.

Chabana het gesê 74% van die werkers wat vir die virus getoets is, was asimptomaties, terwyl 26% simptome gehad het.

Die meeste van die werkers wat positief getoets is, is tussen 31 en 40 jaar oud.

Verteenwoordigers van maatskappye soos Seriti, Exxaro, Harmony en GoldFields sê hulle werk baie hard daaraan om werknemers deurgaans oor die virus in te lig.

Die maatskappye het gesê daar is toenemende kommer onder werkers dat hulle die virus by hul kollegas kan aansteek wanneer dié terugkom werk toe nadat hulle in isolasie was.

Chabana het gesê die mynmaatskappye toets nie weer die werkers nadat hulle 14 dae in isolasie was nie. Hulle maak staat daarop dat die mense wat ná 14 nie meer simptome toon nie, volkome van die virus herstel het en nie ander kan aansteek nie.

Covid

Meer oor:  Platinum  |  Mynwerkers  |  Mynbou  |  Koronavirus  |  Myne  |  Goud  |  Goudprys  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.