Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Covid-19: ‘Weke nodig om diep myne te heropen’
Mynwerkers in Sibanye-Stillwater se Khuseleka-platinummyn naby Rustenburg in Noordwes. Foto: Bloomberg

Dit het net 24 uur geneem om sowat 450 000 mynwerkers wat in Suid-Afrika se diep myne werk huis toe te stuur.

Maar dit kan baie langer duur om hulle weer by die werk te kry.

Johan Theron, woordvoerder vir Impala Platinum (Implats), sê dit kan tot vier weke neem om produksie in die land se diep myne te hervat.

Volgens hom sal eers gekyk moet word of enige van die werkers ’n koors het, terwyl ander maatreëls ingestel moet word om te keer dat die Covid-19-virus versprei.

“Dit gaan tyd neem om weer aan die gang te kom,” sê Theron.

“Die ry gaan 40 km lank wees.”

Myne moes sluit nadat pres. Cyril Ramaphosa ’n nasionale staat van inperking van 21 dae afgekondig het. Mynwerkers is veral weerloos omdat hulle in beknopte skagte werk, waarvan sommige meer as 3,2 km diep is.

Die situasie word vererger deurdat Suid-Afrika die grootste aantal mense het wat MIV en/of tuberkulose onder lede het.

“Almal in die sektor kyk hoe die situasie met weerlose werkers gehanteer gaan word,” sê James Wellsted, woordvoerder vir Sibanye-Stillwater.

Sommige mynmaatskappye is van plan om vitamiene en griep-entstowwe aan MIV-positiewe werkers en diegene met tuberkulose te gee om hul immuniteit te verhoog.

Ware risiko

Hoewel kwesbare werkers geïdentifiseer kan word, sal die onvermoë om vir Covid-19 te toets dit onmoontlik maak om vas te stel wie besmet is. Dit maak dit moeilik om die verspreiding van die virus te keer.

Harmony Gold Mining sê die gebruik van gesigmaskers en ander beskermende toerusting sal in baie dele van die werksaamhede verpligtend word, terwyl oppervlakke met ontsmettingsmiddels en handontsmettingsmiddels gespuit sal word.

Implats sal die aantal werkers in die hysers beperk.

“Dit is baie ingewikkeld want die myne is groot, diep en daar is baie mense,” sê Theron.

“Daar is werklik ’n risiko dat mense die virus kan opdoen en dit is die laaste ding wat enigiemand wil hê,” sê Theron.

Vakbonde

Amcu stel voor dat hy saam met maatskappye en die regering werk om ’n nuwe gedragskode op te stel wat Covid-19 betref.

“Ons kan eenvoudig nie bekostig dat mynwerkers weens die afwesigheid van ’n gekoördineerde benadering by individuele myne tot hierdie pandemie sterf nie,” sê die vakbond Woensdag in ’n verklaring.

Theron waarsku dat sou die staat van inperking langer as 21 dae duur, kan dit druk plaas op maatskappye se vermoë om die werkers se lone te betaal.

Wellsted sê hoewel dit baie belangrik is om almal se veiligheid te verseker sal almal hul werk verloor indien die myne nié weer in bedryf gestel word nie. Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Implats  |  Impala Platinum  |  Johan Theron  |  Goud  |  Platinum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.