Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Covid-19: Myngroep stel 2 hospitale beskikbaar
AngloGold Ashanti het twee van sy hospitale aan die regering beskikbaar gestel om pasiënte met Covid-19 te behandel.Foto: Pixabay

AngloGold Ashanti, wat goud op die Witwatersrand ontgin, het twee van sy hospitale aan die staat beskikbaar gestel om pasiënte te behandel wat die koronavirussiekte Covid-19 opgedoen het.

Die maatskappy sê Donderdag in ’n verklaring sy West Vaal-hospitaal naby Orkney in Noordwes het 270 beddens terwyl die West Wits-hospitaal naby Carletonville in Gauteng ruimte vir bykans 300 beddens het.

Die owerhede in die twee provinsies kan nou albei dié hospitale vir die uitsluitlike behandeling van Covid-19-pasiënte gebruik.

Die West Wits-hospitaal staan leeg nadat die maatskappy besluit het om dit gedurende sy herstrukturering te sluit. Die hospitaal se infrastruktuur, veral pypleidings om suurstof aan pasiënte te gee, is luidens die verklaring nog in ’n goeie toestand. Die hospitaal kan dus in ’n baie kort tydjie weer toegerus en oopgemaak word.

AngloGold Ashanti het die toerusting wat voorheen in dié hospitaal was, aan liefdadigheidsorganisasies geskenk toe hy besluit het om dit te sluit.

Ander bydraes deur die maatskappy sluit in:

  • ’n skenking van gesigmaskers aan die Merafong-munisipaliteit in Gauteng, die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes en die Chris Hani-, O.R. Tambo- en Amathole-munisipaliteite in die Oos-Kaap. Al die maskers word plaaslik vervaardig;
  • die plaas van watertenks met ’n kapasiteit van 1 000 liter op verskeie taxi staanplekke in Gauteng. Dit sal veral in Hammanskraal buite Pretoria gebruik word;
  • ’n skenking van 5 000 noodpakkies met kos en skoonmaakmiddels;
  • ’n skenking van 27 beddens aan die hoësorgeenheid in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto;
  • die verskaffing en diens van 24 mobiele toilette, ook in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal; en
  • die ondersteuning van gemeenskappe in die Matlosana- en Merafong-munisipaliteite met kombersie en kospakkies.

Die maatskappy het ook onderneem om R20 miljoen aan die solidariteitsfonds te skenk.

Meer oor:  Anglogold Ashanti  |  Covid-19  |  Hospitale  |  Mynbou  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.