Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
De Beers vra minder vir sy diamante
Diamantprodusente sukkel om hul stene gedurende die Covid-19-pandemie te verkoop. Foto: Bloomberg

De Beers het eindelik besluit om die prys van sy diamante te verlaag in ’n poging om verkope aan te wakker nadat die koronaviruspandemie die bedryf feitlik tot stilstand gebring het.

De Beers, die wêreld se grootste diamantprodusent, het aan kliënte gesê dat hy die prys van groter stene met bykans 10% verlaag op sy verkoping wat dié week begin.

Dit is luidens mense met kennis van die saak, maar wat gevra het om nie geïdentifiseer te word nie.

’n Woordvoerder van De Beers wou nie kommentaar lewer nie.

Dié filiaal van Anglo American, saam met sy Russiese mededinger Alrosa, het voorheen probeer om die pryse van die juwele te verdedig, aangesien die pandemie baie druk op die sektor geplaas het.

Die hele diamantbedryf het tot stilstand gekom met juwelierswinkels wat moes sluit, en diamantsnyers en -poleerders van diamante wat nie gewerk het nie.

De Beers en Alrosa het in die tweede kwartaal van die jaar saam $130 miljoen se ongeslypte diamante verkoop. Dit is teenoor die $2,1 miljard se stene wat in dieselfde tyd ’n jaar tevore verkoop is.

De Beers het die prys van ongeslypte diamante van groter as een karaat gesny. So ’n steen sal gewoonlik ’n gepoleerde steen lewer wat 0,3 karaat weeg.

Die prys van kleiner stene bly onveranderd aangesien daar ’n kleiner vraag daarna is.

Voor die prysverlaging het De Beers sy eie verkoopsreëls verslap. Hy het byvoorbeeld toegelaat dat kliënte kontrakte kan kanselleer en op alternatiewe plekke die diamante kan besigtig.

Kleiner teenstanders verkoop egter hul stene teen ’n afslag van 25%. Dit het De Beers se markaandeel skade berokken.

Die besnoeiing in die prys toon dat die maatskappy glo dat daar nou ’n vraag na diamante is, al is dit teen ’n laer prys.

Die meeste groot diamantsnyers en -poleerders het sedert Februarie nog nie ’n wesenlike aantal stene gekoop nie, en hul voorraad is dus laag.

Die uiteindelike herstel van die bedryf sal daarvan afhang of verbruikers weer diamantjuweliersware sal koop.  

Meer oor:  De Beers  |  Mynbou  |  Koronavirus  |  Diamante  |  Covid-19-Virus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.