Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
De Beers wil blink klippies se verkope só aanhelp
'n Model hou die Pienk Ster, die grootste en suiwerste pienk diamant ter wêreld, vas. Die ongeslypte diamant het 132,5 karaat geweeg toe De Beers dit in 1999 in Afrika gemyn het.Foto: Martial Trezzini, AP

De Beers, die wêreld se grootste diamantvervaardiger, spandeer $100 miljoen aan ’n blitsbemarkingsveldtog gedurende die komende feesseisoen om ’n herstel in die verkope van dié edelsteen ’n hupstoot te gee.

Verkope van diamantjuweliersware bereik gewoonlik ’n hoogtepunt tussen Dankseggingsdag in die VSA (vanjaar op 26 November) en die Chinese Nuwejaar in Januarie of Februarie elke jaar, en in die komende feestyd kan daar ’n herlewing in die vraag van verbruikers wees, sê Gareth Mostyn, De Beers se finansiële hoof.

De Beers het vanjaar sy produksieteikens drie keer verlaag in ’n poging om pryse te ondersteun te midde van ’n dalende vraag na diamante.

Die maatskappy gaan vanjaar 29 miljoen karaat produseer nadat hy aanvanklik soveel as 34 miljoen wou produseer.

Verkope in die volgende maand gaan “baie belangrik” wees vir die maatskappy, het Mostyn gesê.

“ ’n Suksesvolle verkoopseisoen en ’n sterk vraag van verbruikers kan ’n platform vir herstel wees,” het hy gesê.

“Ons is hoopvol, maar dit is nog te vroeg om te sê wanneer dit sal gebeur.”

Die VSA is De Beers se belangrikste mark vir geslypte diamante en is verantwoordelik vir meer as 40% van die vraag na die edelsteen. Verkope in die land bereik gewoonlik tussen einde November en Kersfees ’n hoogtepunt, sê hy.

De Beers se grootste bemarkingsveldtog nóg het in Amerika afgeskop. “Hoewel dit nog te vroeg is om te sê, kry ons goeie terugvoer sover. Veldtogte gaan ook binnekort in China begin.”

De Beers verwag dat opgegaarde voorraad van diamante gaan verminder nadat produksie verlaag is en dat dit só die pryse van ongeslypte diamante kan help herstel.

“Maar om die vraag deur bemarking te stimuleer is van kritieke belang,” sê Mostyn.

Internasionale verkope van diamante vir juweliersware het in 2014 $80 miljard oorskry en De Beers verwag ’n soortgelyke vlak van verkope in 2016.

- Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.