Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Departement wil vervolg oor ongeluk by Lily-myn
Die enorme sinkgat by die ingang van die Lily-myn waarin drie mense in ’n skeepsvraghouer onder tonne grond en rotse begrawe is.

Die departement van minerale bronne beveel aan dat die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) met kriminele vervolgings begin wat met die ongeluk in 2016 by die Lily-myn naby Baberton in Mpumalanga verband hou.

Ayanda Shezi, woordvoerder van die departement, sê ’n verslag is aan die NDOV gestuur wat dié aanbevelings maak. Hy sê egter nie wie die departement dink vervolg moet word nie.

City Press het die afgelope week ’n kopie bekom van die departement se verslag oor wat in 2016 by dié myn gebeur het. Daar was egter geen verwysing daarin dat iemand vervolg moet word nie.

Shezi het by navraag gesê dié aanbeveling word in ’n ander verslag gemaak.

Monica Nyuswa van die nasionale vervolgingsgesag het bevestig dat hulle die verslag ontvang het, maar wou ook nie sê wie moontlik vervolg kan word nie.

Joseph Mathunjwa, president van die mynwerkersvakbond Amcu, sê hy was nie bewus van ’n tweede verslag nie.

Hy sê dit is vreemd dat die departement ’n aparte verslag daaroor sou saamstel. Volgens hom word aanbevelings van dié aard gewoonlik in verslae oor mynongelukke ingesluit.

’n Reusagtige insinking by die myn op 5 Februarie 2016 het drie werkers in ’n skeepsvraghouer onder tonne grond en rots begrawe.

Nie die vraghouer óf hul lyke is ooit gekry nie.

– Fin24, verwerk


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.