Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Diamante verloor glans vir De Beers
De Beers se diamantverkope het vanjaar effens gedaal.

Die glans van diamante het in die laaste jaar nie so helder geskitter vir De Beers nie.

Die filiaal van Anglo American sê hy het $530 miljoen se diamante in sy sesde verkoopsiklus van die jaar verkoop.

Dit is minder as die $581 miljoen wat hy in die vyfde siklus verkoop het en minder as die $576 miljoen wat hy ’n jaar gelede in dié siklus verkoop het.

In die eerste ses verkoopsiklusse het hy vanjaar $3,42 miljard se blink klippies verkoop teenoor $3,48 miljard in dieselfde tydperk in 2017.

Ondanks die laer diamantverkope is De Beers se produksie vanjaar meer as ’n jaar tevore.

Luidens sy produksieverslag vir die tweede kwartaal van die jaar het hy vanjaar 3% meer diamante, oftewel nege miljoen karaat, teenoor ’n jaar tevore gelewer.

Bruce Cleaver, uitvoerende hoof van De Beers, sê die laer verkoopsyfer was te wagte aangesien verkope gewoonlik in die somer in Europa afneem.

Meer oor:  De Beers  |  Diamante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.