Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
DRDGold verwag reusewins

DRDGold, wat goud aan die Wes-Rand van Johannesburg ontgin, het ’n uitstekende ses maande agter die rug.

DRDGold se Ergo-bedrywighede in Johannesburg.Foto: Argief

Die maatskappy sê Donderdag in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat hy verwag dat sy verdienste per aandeel vir die ses maande tot einde Desember met tussen 47,78c en 49,22c gaan styg. Dis teenoor dieselfde tydperk in 2018.

Wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting met tussen 47,68c en 49,12c styg. Dit is teenoor ’n wesensverlies per aandeel van 7,2c ’n jaar tevore.

Die grootste rede vir dié styging is DRDGold se inkomste wat met sowat 69% tot R2,1 miljard gestyg het.

Sy filiaal Ergo se inkomste het met 29% tot R1,589 miljard gestyg. Dit was hoofsaaklik danksy die 3% meer goud wat verkoop is én die goudprys wat gedurende die tydperk beduidend hoër was.

Die Far West Gold Recoveries (FWGR) wat DRDGold in 2018 bekom het, se inkomste het van R19,5 miljoen tot R502,3 miljoen gestyg. DRDGold wys egter daarop dat die twee syfers nie vergelyk kan word nie aangesien hy gedurende die vorige tydperk eers beheer van FWGR oorgeneem het.

Dié goeie prestasie het verseker dat DRDGold kontant en/of kontantekwivalente van R543,4 miljoen op 31 Desember tot sy beskikking gehad het. Hy het geen skuld nie. Op 30 Junie 2019 het hy R279,5 miljoen kontant en/of kontantekwivalente tot sy beskikking gehad.

DRDGold beplan om sy resultate op 12 Februarie bekend te maak.

Meer oor:  Drdgold  |  Goudmyne  |  Resultate  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.