Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Duurste diamantskip op pad na Namibië
Een van Debmarine se bestaande ses diamantskepe.

Die duurste diamantskip wat tot nog toe gebou gaan word, gaan teen 2022 diamante vir Debmarine Namibië ontgin.

Die maatskappy, wat ’n 50/50-vennootskap tussen De Beers en die regering van Namibië is, gaan $468 miljoen (sowat R6,7 miljard) vir dié skip betaal.

Debmarine sê in ’n verklaring die skip is boonop spesifiek vir sy doeleindes ontwerp. Dit gaan deur die Nederlandse maatskappy Damen Shipyards gebou word. Damen bou skepe vir Afrika-markte by sy skeepswerf in die Kaapstad-hawe.

Die skip sal Debmarine se sewende diamantskip wees. Dit sal na verwagting in 2022 in bedryf gestel word en sowat 500 000 karaat diamante per jaar van die bodem van die see kan myn. Debmarine myn diamante in die see langs die Weskus in die omgewing van Oranjemund en Alexanderbaai.

Sowat 160 nuwe poste sal geskep word. Debmarine het tans 975 mense in diens.

Meer oor:  Damen Shipyards  |  Debmarine  |  De Beers  |  Diamantskip  |  Diamante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.