Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Eastplats kry nuwe geldbaas

Eastern Platinum (Eastplats), die platinummyngroep wat sowel op die Toronto-beurs in Kanada as op die JSE in Johannesburg genoteer is, het ’n nuwe finansiële hoof.

Eastplats
Binne ’n ertsverwerkingsaanleg van Eastern Platinum.

Volgens Eastplats het Wylie Hui, wat ook voorheen dié pos by verskillende genoteerde mynmaatskappye beklee het, meer as 25 jaar ervaring. Hy het ook by die internasionale ouditfirmas EY en BDO gewerk.

Hui volg Rowland Wallenius op wat, volgens die maatskappy, ander geleenthede gaan nastreef.

Wallenius sal op kort termyn steeds as konsultant vir Eastplats optree, het Diana Hu, die uitvoerende hoof, gesê.

Eastplats het Dinsdag ook verslag gedoen oor die vordering met sy projekte by sy Krokodilrivier-myn naby Brits in Noordwes, waar chroom- en platinumkonsentraat uit uitskot-erts verwerk word.

platinum
Mynskagte wat in stand gehou word totdat Eastern Platinum sy werksaamhede hervat.

Eastplats het Dinsdag in ’n Sens-verklaring gesê hy kan nou ’n hoër gehalte konsentraat lewer sodat hy konsekwent ’n minimum van 200 ton platinumgroep-konsentraat per maand lewer, wat sy inkomste sal aanhelp.

In die volgende fase, wat teen Oktober in produksie kan kom, hoop hy om nog 800 ton konsentraat per maand te lewer.

Eastplats het planne vir die ontwikkeling van ’n nuwe oopgroefmyn by Mareesburg naby Lydenburg in Limpopo. Eastplats is ook in die proses om van sy mynbedrywighede, wat hy vroeër weens ’n markinsinking gestaak het, te hervat. Daar is planne om binne twee tot drie jaar die ondergrondse mynbou by Krokodilrivier te hervat.

Meer oor:  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.