Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Einde van staking ‘goeie nuus vir mynbou’
Sibanye-Stillwater se Cooke-goudmyn.Foto: Verskaf

Die besluit deur die mynwerkersvakbond Amcu om sy staking by Sibanye-Stillwater se goudmyne te beëindig word uit alle oorde verwelkom.

Amcu en Sibanye-Stillwater het Woensdagmiddag laat aangekondig Amcu het tóg ingestem om die loonaanbod te aanvaar wat aan ander vakbonde gemaak is.

Amcu se lede het vyf maande lank by Sibanye-Stillwater se goudmyne gestaak.

Ander vakbonde het voorheen ’n salarisverhoging van R650 vir die eerste jaar, R700 vir die tweede jaar en R825 vir die derde jaar aanvaar.

Amcu wou egter salarisse tot ’n minimum van R12 500 verhoog met ’n verdere verhoging van R1 000 per jaar vir die volgende drie jaar.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, sê Donderdag in ’n verklaring hy verwelkom dié besluit.

Mantashe sê die besluit is goeie nuus vir ’n sektor waar stabiliteit dringend nodig is.

“Ons moet nooit moeg word daarvoor om ’n bevorderlike omgewing te skep vir betekenisvolle, kollektiewe bedingingsonderhandelings nie,” sê Mantashe.

Die vakbond Solidariteit het ook die besluit verwelkom.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê in ’n verklaring die vakbond is dankbaar dat die maatskappy sy belofte gestand gedoen het om nie die vakbonde (Solidariteit, die National Union of Mineworkers en Uasa), wat tydens die aanvanklike onderhandelinge die loonooreenkoms geteken het, se regte en posisie in die skikkingsooreenkoms met Amcu te ondermyn nie.

Solidariteit doen ook ’n beroep op Sibanye-Stillwater om die tientalle gesinne wie se huise gedurende die staking afgebrand is, werkers wie se motors beskadig is, werkers wat ernstige beserings opgedoen het, en veral die gesinne wat ’n geliefde aan die dood moes afstaan weens die staking, finansieel, emosioneel en op enige toepaslike wyse te ondersteun.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Gwede Mantashe  |  Staking  |  Mynboubedryf  |  Mynbou  |  Amcu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.