Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
‘Ek hou Optimum dop’ – Mantashe
Die ondersoek na die ongeluk by die Lily-myn is afgehandel en Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, het die verslag daaroor ontvang.Foto: Argief

“Ons is aktief betrokke om die uitdagings by Tegeta se vier myne – Koornfontein, Shiva, Brakfontein en Optimum – op te los.

“Ons hou ons oog op hulle, maar gaan nie die proses bestuur nie.”

Só sê Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, oor die sakereddingsproses wat tans by hierdie myne plaasvind.

Die vier myne, wat op 19 Februarie saam met nog vier maatskappye in sakeredding geplaas is, behoort aan die omstrede Gupta-familie.

“Ons het met die sakeredders vergader, asook met die mynbestuur en werkers van die Optimum-myn.

“Die sakeredders het laat blyk dat die myne steeds goeie bates is wat onder ander bestuur volhoubaar gemyn kan word.”

Mantashe sê hulle wil hê die myn moet in bedryf bly en dat werkers nie hul werk verloor nie.

Louis Klopper en Kurt Knoop is as sakeredders aangestel.

Hulle is Dinsdag egter in die hooggeregshof in Pretoria nadat Deriko Mining and Exploration saam met die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) ’n dringende aansoek ingedien het om hulle as sakeredders by dié myn te vervang.

Hulle beweer Klopper en Knoop is nie onafhanklik nie en tree namens die Guptas op.

Die sakeredders ontken die beweringe ten sterkste.

Lily-myn

Mantashe sê die verslag oor die ongeluk wat op 5 Februarie 2016 by die Lily-myn in Mpumalanga plaasgevind het, is afgehandel.

“Ons het die verslag ontvang en die departement oorweeg die stappe wat ons moet doen.”

Hy het nie verder uitgewei nie.

Die Lily-myn het voor die ongeluk werk aan 900 mense verskaf. Die Barbrook-myn, wat ook aan Vantage Goldfields, Lily se eienaar, behoort het, het 100 mense in diens gehad.

Albei myne is sedertdien in sakeredding geplaas.

Geen koper kon nog vir die myne gekry word nie.

Drie mynwerkers is in die ongeluk dood. Hul oorskot kon nog nie na die oppervlak gebring word nie.

Meer oor:  Tegeta  |  Kurt Knoop  |  Gwede ­Mantashe  |  Louis Klopper  |  Optimum  |  Koornfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.