Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Enorme diamant van De Beers dalk 3de grootste nóg

’n Yslike diamant wat De Beers vroeër die maand in Botswana uitgegrawe het, is die grootste sedert die onderneming vyf dekades gelede begin het.

Die diamant wat op 1 Junie deur Debswana in Botswana uitgehaal is. Foto: Bloomberg

Die Debswana Diamond Company van De Beers het die reus van 1 098 karaat op 1 Junie uitgehaal.

Lynette Armstrong, besturende direkteur van Debswana, sê die voorlopige ontleding toon die steen is die derde grootste juweelgehalte-diamant ter wêreld. Dit is naas die Cullinan-diamant, wat in 1905 in Suid-Afrika gevind is, en die Lesedi La Rona, wat in 2015 in Botswana gevind is.

Die waardasie, wat deur die Diamond Trading Co. van Botswana gedoen word, sal binne die komende weke beskikbaar wees.

Dit is nog nie bekend of die diamant deur De Beers of deur die staatsonderneming Okavango Diamond Co. verkoop gaan word nie. Okavango Diamond het ook die reg om Debswana se diamante te koop.

“Debswana sal die diamant saam met die regering van Botswana en De Beers waardeer en verkoop om te verseker dat dit die maksimum voordeel vir die land oplewer,” het die maatskappy se woordvoerder, Rachel Mothibatsela, gesê.

Die diamant is ontdek by Jwaneng, die wêreld se rykste myn volgens waarde, wat tans ’n uitbreiding van $2 miljard ondergaan.

Debswana is ’n gesamentlike vennootskap tussen die regering van Botswana en De Beers om diamante in die land te ontgin. Verlede jaar het die onderneming 16,6 miljoen karaat uitgehaal, vergeleke met 23,3 miljoen karaat in 2019.

Botswana is verantwoordelik vir meer as twee derdes van De Beers se produksie, terwyl 90% van die land se uitvoer op diamante steun.

Die verkope van ongeslypte diamante het in 2020 met 30% gedaal tot $2,1 miljard omdat myne hul produksie weens die pandemie opgeskort het. – Bloomberg

Meer oor:  Debswana  |  De Beers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.