Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Exxaro betaal dividend, al pla Medupi
Die Medupi-kragstasie toe dit nog in aanbou was.Foto: Argief

Exxaro, wat hoofsaaklik ystererts en steenkool ontgin, kon ongeag groot uitdagings steeds beleggers beloon met ’n dividend aan die einde van die 2019-boekjaar.

’n Finale dividend van R5,66 per aandeel is vir die jaar tot einde Desember uitgekeer. Dit is 11c meer as ’n jaar tevore.

Exxaro het Donderdag sy resultate op die JSE se nuusdiens Sens bekend gemaak.

Twee groot uitdagings wat die maatskappy gedurende die jaar gehad het, is Eskom wat minder steenkool vir die Medupi-kragstasie in Limpopo gekoop het, en ArcellorMital (Amsa) wat besluit het om sy staalaanleg in Saldanha aan die Wes-Kus in ’n stand van sorg en instandhouding te plaas.

Exxaro se Grootegeluk-steenkoolmyn naby Lephalale in Limpopo verskaf steenkool aan Medupi, terwyl die Sishen-ysterertsmyn in die Noord-Kaap weer ystererts aan Saldanha gelewer het.

Exxaro besit ’n belang van 21% in Sishen.

Exxaro sê die meeste van die ystererts wat voorheen aan Saldanha verskaf is, word nou uitgevoer.

Die maatskappy se inkomste vir die jaar het met net 1% tot R25,7 miljard gestyg.

Sy kernverdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) het egter met 20% tot R5,8 miljard gedaal.

Kernwesensverdienste het met 3% tot R7,4 miljard gestyg. Dit is ongeag die laer ebitda.

Die maatskappy sê die feit dat die gemiddelde prys wat hy vir ystererts verdien het, met 34% tot $94 per ton gestyg het, het hiermee gehelp.

Exxaro se skuld het met R1,9 miljard tot R5,8 miljard gegroei.

“Die belangrikste kontantuitvloei-items gedurende 2019 sluit in die finansiering van ons kapitaalbestedingsprogram van R6,076 miljard, R678 miljoen vir die verkryging van aandele in die mark om aandeelgebaseerde betalings te vereffen, en R263 miljoen wat as uitgestelde vergoeding betaal is aan Insect Technology (voorheen bekend as AgriProtein).

Exxaro het Donderdag 6,3% laer teen R104,84 per aandeel op die JSE verhandel.

Meer oor:  Amsa  |  Eskom  |  Exxaro  |  Medupi  |  Resultate  |  Mynbou  |  Maatskappye  |  Dividend
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.