Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Exxaro verkoop ook van sy steenkoolmyne

Exxaro het ’n koper vir van sy uitvoersteenkoolmyne gevind.

Dit volg kort op die hakke van Anglo American se aankondiging Donderdag dat hy sy Suid-Afrikaanse steenkoolbates ontbondel.

’n Laaigraaf by een van Exxaro se steenkoolmyne.

Exxaro het ’n verkoopsooreenkoms met Overlooked Colliery gesluit om Exxaro Coal Central te verkoop, het die steenkoolfirma Vrydag aangekondig. Die bedrag is nie bekend gemaak nie en die aankondiging is vrywillig gemaak omdat die bates minder as 5% van Exxaro se totale waarde bedra.

Exxaro soek wel nog na ’n koper vir sy Leewpan-steenkoolmyn naby Delmas in Mpumalanga wat 3,8 miljoen ton termiese en metallurgiese steenkool per jaar vir die binnelandse en uitvoermark lewer.

Die swartbeheerde Overlooked bedryf tans drie steenkoolmyne: Overlooked, Weltevreden en Halfgewonnen. Die laasgenoemde twee is myne wat hy onlangs by Sudor Coal gekoop het. Hy produseer tans 2,4 miljoen ton steenkool per jaar en mik om dit teen volgende jaar te verdubbel tot 4,8 miljoen ton.

Die myne wat Exxaro aan Overlooked verkoop, is Dorstfontein, Forzando en Tumelo in die omgewing van Kriel in Mpumalanga. Dit is bates wat hy in 2014 by Total Coal gekoop het.

Dorstfontein-Wes is ’n ondergrondse myn en Dorstfontein-Oos is ’n oopgroefmyn tesame met ’n beplande ondergrondse myn. Die Dorstfontein-myne lewer 2,5 miljoen ton steenkool per jaar wat uitgevoer word en die Forzando-myne lewer 2 miljoen ton per jaar.

Ingevolge die verkoopsooreenkoms, wat nog deur die mededingingsowerhede en die departement van minerale hulpbronne en energie goedgekeur moet word, behou Exxaro wel enige uitvoerkwotas via die Richardsbaai-steenkoolhawe vir enige van die myne wat hy aan Overlooked verkoop. Overlooked sal verantwoordelikheid vir die rehabilitasie van die myne oorneem.

Volgens Exxaro het Overlooked al waarborge van Absa en nog ’n bank verkry vir die betaling van die koopprys.

Exxaro glo die transaksie bevestig sy strategiese siening dat dié myne waarde het en dat ’n ander operateur beter geposisioneer sal wees om die maksimum waarde daaruit te put. Exxaro wil ook daardeur swart mynmaatskappye help om te groei en skaalvoordele te benut.

Meer oor:  Exxaro  |  Steenkool  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.