Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Finale riglyne vir myne klaar
’n Mynwerker besig om ondergronds te werk.Foto: Bloomberg

Die finale riglyne vir die samestelling van ’n verpligte gedragskode vir die versagting en bestuur van die impak van die Covid-19-pandemie in die land is Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer.

Die publikasie van die riglyne volg kort nadat die mynmaatskappy Impala Platinum (Implats) aangekondig het dat 19 van sy werkers met Covid-19 gediagnoseer is.

Implats wys daarop dat 14 van die werkers positief getoets is vanweë die proaktiewe proses om werkers te toets voordat hulle terugkeer werk toe.

LEES OOK: 19 toets positief vir Covid-19 by platinummyn

Die riglyne is gepubliseer nadat die hooggeregshof in Johannesburg op 1 Mei beslis het dat mynmaatskappye aan ’n gedragskode moet voldoen wanneer hul bedrywighede hervat word.

Volgens die regulasies wat tans in plek is, mag myne met bedrywighede op die oppervlak 100% van hul werkers stelselmatig terugroep werk toe, terwyl ondergrondse myne tot 50% van hul werkers kan laat terugkeer.

Dr. Thuthula Balfour, hoof van gesondheid van die Mineraleraad van Suid-Afrika, het reeds op 28 April gesê dat al die lede van dié raad gereed is om hul bedrywighede binne ’n veilige omgewing te hervat.

Die enigste myne wat deurgaans 100% tydens die staat van inperking in bedryf kon wees, was myne wat steenkool aan Eskom lewer.

Meer oor:  Implats  |  Myne  |  Vlak 4  |  Covid-19  |  Riglyne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.