Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Geen datum vir ondersoek na staatskaping
Die tesourier-generaal van die ANC, Zweli Mkhize. Foto: Christiaan Cloete

Die ANC en pres. Jacob Zuma wil die bewerings oor staatskaping ondersoek, maar vrae oor regskwessies is die rede hoekom nog niks gebeur het nie, sê dr. Zweli Mkhize, sekretaris-generaal van die party.

Hy was Woensdagoggend een van die sprekers by die jaarlikse Joburg Indaba in Sandton, Johannesburg, waar gesprekke oor die mynbousektor gevoer is.

“Ons wil hierdie kwessie ondersoek en ’n kommissie is nodig, maar daar moet eers duidelikheid wees oor die presiese raamwerk waarbinne dit gaan plaasvind.

“Die bevindings in die openbare beskermer se verslag moet in ag geneem word en dit word tans hersien.

“Die onsekerheid wat hierdie kwessies veroorsaak, is wat die proses vertraag,” sê Mkhize.

Volgens hom steun Zuma die ondersoek maar wou hy geen tydsraamwerk verskaf oor wanneer die ondersoek wel gaan plaasvind nie.

Hy erken wel dit is hoogs onwaarskynlik dat enigiets voor Desember – wanneer die ANC se leierskapsberaad gehou word – gaan gebeur.

Die e-posse wat die afgelope tyd uitgekom het, het baie inligting na vore gebring waarvan ons nie voorheen bewus was nie.

“Hierdie kwessie van staatskaping is ’n groot verleentheid. “Ons sien dit as ’n vorm van korrupsie en ons glo daar moet ’n kommissie wees om die bewerings te ondersoek.

“Ons glo die bevindings van so ’n ondersoek moet gebruik word om regstappe te doen indien nodig.

“Dit is egter nie iets wat ons voorheen moes hanteer nie,” sê hy.

“Die ANC en die publiek moet weet wat gebeur het. Die e-posse wat die afgelope tyd uitgekom het, het baie inligting na vore gebring waarvan ons nie voorheen bewus was nie.

“Ons sou verkies dat hierdie ondersoek reeds afgehandel moes wees. Dit moet dringend aan die gang kom.”

Meer oor:  Zuma  |  Jacob  |  Zweli Mkhize  |  Joburg Indaba  |  Staatskaping  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.