Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Glencore bereken ‘verlies’ van Optimum-myn
Glencore het laer produksievolumes vir die eerste kwartaal van 2016 aangekondig wat volgens ’n verklaring in pas is met sy strategie om by die huidige lae kurwe in die hulpbronsiklus te pas. Foto: Bloomberg

“Die verlies van beheer oor die Optimum-steenkoolmyn in Augustus 2015” was volgens ’n Sens-verklaring een van die grootste redes dat Glencore 5,9 miljoen ton minder steenkool gemyn het in die eerste kwartaal van 2016.

Die sluiting van die Middelkraal- en South Witbank-myn het tot ’n verdere verlies van 29,7 miljoen ton se produksie gelei.

Die Gupta-familie se Tegeta Exploration & Resources en een van pres. Jacob Zuma se seuns, Duduzane Zuma, se Mabengela Investments het op 22 April goedkeuring by die Mededingingstribunaal gekry om die myn te koop.

Voor die verkoop van die myn het Glencore beweer Eskom dwing hom om steenkool teen onder kosprys te lewer ingevolge ’n langtermynkontrak, terwyl Eskom Optimum daarvan beskuldig het dat hy steenkool van onder die vereiste gehalte lewer. Eskom het ’n boete van R2 miljard hiervoor aan Optimum opgelê.

Glencore, wat deur die Suid-Afrikaner Ivan Glasenberg aangevoer word, het oorwegend laer produksiesyfers bekend gemaak vir al die hulpbronne in sy portefeulje.

“Die laer produksievolumes reflekteer ons gedissiplineerde benadering om hulpbronne teen lae pryse te verskaf in die huidige laagtepunt in die hulpbronsiklus,” sê die verklaring.

Koperproduksie was 335 000 ton oftewel 4% laer as dieselfde tydperk in 2015 en sinkproduksie was 28% laer met 257 100 ton. Dit was slegs nikkelproduksie wat 16% hoër was teen 27 600 ton.

Glencore se aandele het Woensdagoggend 7,1% laer verhandel teen R31,68. Dit het egter meer as verdubbel sedert die laagtepunt waarteen die aandele op 28 September 2015 teen R15,41 op die JSE verhandel het.

Meer oor:  Glencore  |  Tegeta  |  Tegeta Exploration And Resources  |  Eskom  |  Guptas  |  Steenkool  |  Mynbou  |  Optimum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.