Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Glencore koop dalk Optimum terug
Die Optimum-steenkoolmyn.

Glencore, wat voorheen die Optimum-steenkoolmyn besit het, oorweeg dit glo om dié myn terug te koop.

Hy het die myn in 2015 vir R2,5 miljard aan die Guptas se Tegeta Exploration and Resources-maatskappy verkoop.

Bloomberg berig twee ingeligtes sê die myn se vorige eienaar oorweeg dit om die myn terug te koop.

Die myn lewer steenkool aan Eskom.

Glencore het die myn in 2015 in sakeredding geplaas nadat Eskom geweier het om weer oor ’n kontrak te onderhandel. Die kragvoorsiener het die myn ook ’n enorme boete opgelê.

Mosebenzi Zwane, toe die minister van minerale bronne, het gehelp dat die Guptas en Jacob Zuma se seun Duduzane die myn koop.

Die Guptas, Zuma en Zwane ontken almal dat hulle enigiets verkeerds gedoen het met verwysing na die transaksie.

Een van die bronne, wat anoniem wil bly, sê die staat het reeds aangedui hy sal nie enige teenkanting hê sou Glencore besluit om die myn terug te koop nie.

Die myn is weer in sakeredding en sukkel soos baie van die ander maatskappye in Gupta-besit om sake te doen nadat banke geweier het dat hulle rekeninge by die banke oopmaak.

’n Woordvoerder van Glencore wou nie kommentaar lewer nie.

Kurt Knoop, een van die sakeredders wat aangestel is om die Gupta-maatskappye wat in sakeredding is te bestuur, asook die departement van minerale bronne, het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Exxaro Resources en Seriti Resources het albei gesê hulle sou ook belang stel om van die Guptas se steenkoolbates te koop.

Louis Klopper, die ander sakereddingspraktisyn, het vroeër in Maart op ’n vergadering met krediteure gesê Optimum het kennis ontvang dat daar kopers is wat belang stel om van die bates te koop.

– Bloomberg, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.