SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Mynbou
Gold Fields-baas pleit vir geduld met South Deep

Gold Fields-aandeelhouers wat krapperig word oor die stygende verliese by die enorme South Deep-myn moenie moed verloor nie, sê Nick Holland, uitvoerende hoof.

Nick Holland, uitvoerende hoof van Gold Fields.

Gold Fields het in Augustus gesê hy het nog ’n omkeerplan vir die myn, sy enigste oorblywende myn in Suid-Afrika, opgestel.

Die maatskappy is besig met die aflegging van 1 100 permanente werkers en 460 kontrakteurs uit ’n arbeidsmag van 5 500.

South Deep is nou al lank ’n remskoen vir die maatskappy en die bestuur is bewus daarvan dat beleggers ongelukkig is daaroor, het Holland in ’n onderhoud gesê.

South Deep het in die 2016-boekjaar verliese van meer as R109 miljoen per maand gely.

“Hulle is nou baie ongeduldig, en ’n mens kan dit verstaan, maar ek dink ons moet kalm kyk waar ons is en evalueer wat die beste pad vorentoe is. Daar is ’n groot hoeveelheid goud daar, dis goed geboor en ons het baie aan die ontwikkeling van infrastruktuur bestee. Ons is nie ver nie, ons het net meer tyd nodig.”

South Deep bevat die tweede grootste hoeveelheid gouderts ter wêreld, maar die myn haal nie sy produksieteikens nie. die maatskappy het al meer as R9 miljard aan die myn bestee nadat hy die myn in 2006 vir R22 miljard gekoop het.

Die nuwe plan word in Februarie aangekondig en dit sal waarskynlik 18 maande duur voordat bepaal kan word of dit slaag, sê Holland.

Holland sê South Deep se uitdagings is nie uniek nie. Ander plaaslike goudprodusente sukkel om wins te maak weens hoë koste.

Die diep, verouderende myne is arbeidsintensief.

Suid-Afrika se goudproduksie het in Julie vir die tiende maand in ’n ry geval. Dit word vererger deur die gebrek aan belegging in eksplorasie, glo Holland. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Gold Fields  |  Nick Holland  |  South Deep  |  Mynbou  |  Goud  |  Goudmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.