Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Goud loer na $1 800 per fynons
Goud verhandel steeds hoër weens kommer oor die Covid-19-pandemie. Foto: Argief

Die Covid-19-pandemie laat die prys van goud steeds die hoogtes inskiet.

Bloomberg berig dat die edelmetaal Maandag vir die eerste keer in meer as agt jaar teen meer as $1 800 per fynons op termynmarkte verhandel het.

Die daaglikse goudprys het ook gestyg. Dit verhandel Dinsdagoggend teen $1 783,10 per fynons.

Reuters berig dat Jeffrey Halley, senior markontleder by Oanda, sê dat die toename in die getal mense wat wêreldwyd positief vir die koronavirus toets die groot rede is hoekom die edelmetaal so goed presteer.

“Die toename in positiewe koronavirusgevalle wêreldwyd maak beleggers steeds senuweeagtig. Hulle verkies om risiko via goud te verskans, selfs al belê hulle weer in aandele,” sê hy.

Kyle Rodda, ontleder by IG Markets, dink daar is ’n groot moontlikheid dat die daaglikse goudprys binnekort ook deur die $1 800 per fynons-vlak kan breek.

Die 38 ekonome wat vanjaar aan die Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelneem, wat deur Netwerk24, Beeld, Die Burger, Rapport en Volksblad aangebied word, is egter nie so optimisties oor die goudprys nie.

In Junie was hul konsensusvoorspelling dat dié edelmetaal teen die einde van die jaar teen $1 632,47 per fynons gaan verhandel. Dit is wel meer as die $100 per fynons duurder as wat hulle in Februarie – voor die uitbreking van die pandemie – voorspel het. Tóé was hul verwagting dat dit teen $1 540,10 teen die einde van die jaar sou verhandel.

’n Hoër goudprys – saam met die rand wat betreklik swak teenoor die dollar verhandel – is baie goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf.

Goud verhandel tans teen R30 470,92 per fynons, of bykans R1 miljoen per kilogram. Die goudindeks op die JSE verhandel tans 159% hoër as ’n jaar gelede op 4 988,75 punte.

Meer oor:  Goudprys  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.