Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Goudmyne: NUM verwerp aanbod
’n Groep mynwerkers ondergronds in Sibanye-Stillwater se Beatrix-goudmyn. Foto: Sibanye-Stillwater

Die mynwerkersvakbond NUM sê sy loononderhandelings met produsente in die goudmynbedryf is steeds op ’n dooie punt ná verskeie rondes samesprekings.

Die dispuut sal na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word en moontlikheid van ’n wettige, beskermde staking word nou sterker, het die NUM Dinsdag in ’n verklaring gesê.

Die vakbond sê daar was reeds sewe vergaderings sedert formele loononderhandelinge verlede maand tussen die goudprodusente AngloGold Ashanti, Harmony, Sibanye-Stillwater en Village Main Reef en die vakbonde Amcu, NUM, Solidariteit en Uasa begin het.

“Ons het ’n stadium bereik waar ons verstaan die werkgewers is nie bereid om ’n beter aanbod aan die werknemers te gee nie,” sê David Sipunzi, NUM se algemene sekretaris.

Suid-Afrika se goudmyne is van die wêreld se diepste en mees arbeidsintensiewe myne en produsente sukkel om hul koste te verlaag.

Op sy beurt sê die Mineraleraad van Suid-Afrika, wat die belange van werkgewers verteenwoordig, die vakbonde wou geen noemenswaardige toegewings maak nie.

Teen die agtergrond van ’n stagnerende goudprys, stygende koste en dalende winsgewendheid in die sektor het goudprodusente twee geloofwaardige aanbiedinge en ’n aantal toegewings gedoen,” sê die raad in ’n verklaring. Die betrokke maatskappye het driejaar-aanbiedings van tot soveel as 8,2% vir ondergrondse intreevlakwerkers gedoen, lui die verklaring.

Die goudmynmaatskappye wat in die kollektiewe bedinging betrokke is, gee werk aan sowat 80 000 werkers.

Die NUM eis vergoeding van R9 450 per maand vir bogrondse werkers, R10 450 vir gewone werkers wat ondergronds werk en ’n styging van 14,5% vir mynwerkers, vakmanne en beamptes.

Solidariteit het Dinsdagmiddag ook die nuutste aanbod “in beginsel” verwerp maar in sy verklaring gesê hy gaan voort met onderhandelings. – Bloomberg

Meer oor:  Mynbou  |  Num  |  Loondispuut  |  Mynboubedryf  |  Loononderhandelings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.