Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Goudprys gee Harmony stewige hupstoot
Die hoër goudprys het Harmony Gold se wins skerp laat styg. Foto: Bloomberg

Die hoër goudprys die afgelope paar maande het die geld behoorlik laat inrol vir Harmony Gold.

Harmony het Donderdag gesê hy verwag sy netto wins vir die halfjaar tot einde Desember gaan sowat R1,3 miljard wees.

Sy verwagte wesensverdienste en verdienste per aandeel gaan na verwagting albei R2,49 wees. Dit is R2,53 hoër as die verlies van 4c per aandeel ’n jaar tevore.

Harmony sê in die verklaring die goeie prestasie is danksy sy inkomste wat met R1,7 miljard gestyg het weens die hoër goudprys. Dit is 12% hoër as die ooreenstemmende tydperk.

Harmony sê in randterme het hy 19% meer per kilogram goud verdien.

Die gemiddelde goudprys was in dié halfjaar R683 158 per kilogram teenoor die R572 898 per kilogram in Desember 2018.

Harmony se aandeelprys op die JSE het Donderdag bykans 3% laer teen R45,75 verhandel.

Meer oor:  Harmony Gold  |  Goudprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.