Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Goudreus, Amcu bly slaags oor staking

Die vakbond Amcu en die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater kan maar net nie tot ’n vergelyk oor lone én ’n langdurige staking kom nie.

Joseph Mathunjwa, president van die mynwerkersvakbond Amcu. Foto: Argief

Sibanye-Stillwater het Maandag in ’n verklaring gesê hy gaan die arbeidshof nader om die meer as vier maande lange staking deur die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) onwettig te laat verklaar.

Suid-Afrika se grootste goudprodusent sê sy onafhanklike oudit toon Amcu verteenwoordig nié die meerderheid werkers by sy myne nie.

Die oudit het vanaf 22 November – toe Amcu se lede oor lone begin staak het – tot 18 Februarie – toe ’n loonooreenkoms met ander vakbonde gesluit is – geduur.

Luidens dié studie behoort die meerderheid van Sibanye-Stillwater se werkers aan die National Union of Mineworkers (NUM), Uasa of Solidariteit.

Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, sê die maatskappy neem kennis dat Amcu nie die bevindinge van die oudit aanvaar nie.

“Amcu, wat hom sedert middel Desember deurgaans op die hof beroep, het ons pogings om die staking wettig te laat eindig, in die wiele gery.”

Hy sê hulle moedig Amcu aan om saam met hulle te werk en die staking nou tot ’n einde te bring.

Amcu het Froneman later hierna daarvan beskuldig dat hy die “hoogs onetiese stap gedoen het” om die bevindinge van die “gebrekkige” oudit te publiseer nog voordat dispuutresolusie daaroor afgehandel is.

Een van Amcu se groot klagtes oor die oudit is dat die maatskappy wat dit gedoen het, “eensydig” deur Sibanye-Stillwater aangestel is.

Amcu het onderneem om Dinsdag nóg ’n verklaring uit te reik oor wat hy volgende beplan.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Neal Froneman  |  Amcu  |  Goudmaatskappye  |  Num  |  Goud  |  Staking  |  Loononderhandelinge  |  Mynbou  |  Vakbonde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.