Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Goudsektor: Vakbonde kyk na KVBA vir besluit oor lone
Werkers ondergronds besig in een van Harmony Gold se myne.

Vakbonde bedrywig in Suid-Afrika se goudmynbedryf begin nou hul voet neersit oor lone.

Die onderhandelinge, wat reeds ’n geruime tyd duur, het nou die punt bereik waar Amcu, Solidariteit en Uasa aangedui het dat hulle ’n dispuut met Harmony Gold en Village Main Reef gaan verklaar.

Die dispuut sal na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word.

Die vakbond NUM het vroeër die maand gesê hy verklaar ook ’n dispuut en indien die KVBA dit nie oplos nie kan dit tot ’n wettige, beskermde staking lei.

Dié vakbond sê daar was reeds sewe vergaderings sedert formele loononderhandelinge op 11 Julie tussen die goudprodusente AngloGold Ashanti, Harmony, Sibanye-Stillwater en Village Main Reef en die vakbonde Amcu, NUM, Solidariteit en Uasa begin het.

Die Minerale Raad van Suid-Afrika verteenwoordig die goudprodusente in die onderhandelinge.

Die loonaanbod wat die goudmaatskappye vroeër in Augustus ter tafel gelê het, het gewissel van tussen 6% en 7,2% vir kategorie 4- ondergrondse mynwerkers en van 3,5% tot 4,5% vir ambagsmanne en meer senior mynwerkers.

Solidariteit het voorheen gesê hy het sy eie eis in reaksie op die Minerale Raad se aanbod gewysig ná ’n verhoging gelykstaande met die verbruikersprysinflasiekoers (VPI) plus 4%.

Die vakbond het sy aanvanklike eis vir ’n 10%-verhoging laat vaar.

Gesprekke tussen Amcu, Solidariteit en Uasa en die goudprodusente AngloGold Ashanti en Sibanye-Stillwater sal op 5 September hervat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.