Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Groot kommer oor staking by myne

Daar heers groot kommer oor die invloed wat ’n weeklange staking deur lede van die mynwerkersvakbond Amcu op nie net die mynbousektor nie, maar ook die land se ekonomie kan hê.

Lede van die vakbond Amcu tydens ’n vorige staking oor lone.Foto: Argief

Die Mineraleraad van Suid-Afrika (vroeër die Kamer van Mynwese) sê Amcu het reeds kennisgewings aan 15 van sy lede gestuur dat hy beplan om van die nagskof af op 28 Februarie te staak.

Die staking sal waarskynlik tot 7 Maart duur.

Amcu is die josie in vir Sibanye-Stillwater wat beplan om tot 5 870 mense – 9,6% van die maatskappy se arbeidsmag – en 800 kontrakteurs af te lê.

Die maatskappy sê oorlegpleging met vakbonde het reeds amptelik begin ingevolge art. 189A van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, het op 14 Februarie gesê die maatskappy verstaan die pleidooi van sy werkers, maar herstrukturering raak nou noodsaaklik, ook om die poste van werkers by die groep as geheel te beskerm.

Lees ook: Amcu aan Sibanye oor afleggings: ‘Oorlog kom’

Roger Baxter, uitvoerende hoof van die Mineraleraad, sê die sektor kan nie so ’n enorme staking bekostig nie.

Hy sê dit gaan sy verstand te bowe dat Amcu ’n uitgebreide staking van stapel stuur wanneer dit die hele sektor se voortbestaan in gevaar stel.

Die raad sê sy statistieke wys:

  • 71% van goudmyngroepe het in 2018 óf ’n verlies gely óf was reeds marginaal, terwyl meer as 50% van myne wat platinumgroepmetale produseer verliese ly; en
  • Die getal poste in die goudsektor het sedert 2007 met bykans 40% gedaal. Net sedert 2017 het dit met 10% gedaal.

Max du Preez, politieke kommentator en redakteur van die pas herleefde Vrye Weekblad, het Vrydagoggend gesê hy dink nie Suid-Afrikaners besef hoe groot die nadelige invloed van dié sekondêre stakings vir die land se ekonomie kan wees nie.

Du Preez het aan ’n paneelbespreking oor die onlangse begroting deelgeneem wat deur PwC in Sandton, Johannesburg, gehou is.

Hy stem saam met die Mineraleraad en sê nie die myne óf die land se ekonomie kan ’n langdurige staking bekostig nie.

Meer oor:  Mineraleraad Van Suid-Afrika  |  Lonmin  |  Amcu  |  Sibanye  |  Max Du Preez  |  Roger Baxter  |  Mynbedryf  |  Mynbou  |  Stakings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.