Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Gupta-myn betaal nie werkers nie

Werkers by die Guptas se Shiva-uraanmyn is nie in Julie betaal nie.

Een van die werkers, wat anoniem wil bly, het skermgrepe van ’n WhatsApp-boodskap aan Netwerk24 gestuur, waarin hulle ingelig is dat die sakeredders wat by Shiva aangestel is, steeds reëlings vir die betaal van salarisse probeer tref.

Cloete Murray van die Sechaba Trust in Pretoria is as die sakeredder by Shiva aangestel.

Dit kom nadat Louis Klopper en Robert Knoop, wat voorheen in dié hoedanigheid gedien het, op 31 Mei as sakeredders bedank het.

Die WhatsApp-boodskappe wat aan werknemers by Shiva gestuur is.

Die twee het in hul bedankingsbrief gesê die gespanne verhouding tussen hulle en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) het só vererger dat hulle nie meer kans sien om met die proses voort te gaan nie.

Die IDC is Shiva se grootste skuldeiser.

Werknemers het tussen 26 Julie en 1 Augustus drie WhatsApp-boodskappe oor die stand van sake met hul salarisse ontvang.

In een gedateer 31 Julie staan dat “die sakeredders dringende gesprekke voer met die IDC met verwysing na geld om salarisse en ander belangrike diensteverskaffers te betaal.

“Ons is tans nie in ’n posisie om meer inligting te verskaf nie, maar ons kan jou verseker dat ons alles moontlik doen om die proses so gou moontlik af te handel.”

Die Sechaba Trust sê hulle weier om enige oproepe van die media te aanvaar of om op navrae te reageer.

Klopper en Knoop het voorheen gesê hoewel hulle meen dat die maatskappy aan ’n derde party verkoop kan word, glo hulle nie dat dit in die toekoms winsgewend as ’n alleenstaande maatskappy bedryf kan word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.