Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Gupta-myn oor staatskaping uit raad geskop
Die Optimum-steenkoolmyn wat net soos Koornfontein aan die Guptas behoort, is steeds lid van die Mineraleraad van Suid-Afrika.Foto: Bloomberg

Die Guptas se Koornfontein-steenkoolmyn is nie meer ’n lid van die Mineraleraad van Suid-Afrika nie.

Roger Baxter, uitvoerende hoof van die raad, het Woensdag bevestig dat die raad dié myn as lid geskors het.

“Die myn se betrokkenheid by staatskaping en die manier hoe geld vir rehabilitasie wanbestuur is, het tot die besluit gelei om hom te skors,” sê Baxter.

“Die myn het op geen versoeke gereageer om te verduidelik wat die stand van sake is nie.”

Baxter het die media toegespreek op die raad se jaarvergadering by sy hoofkantoor in die middestad van Johannesburg.

Vrae is sedert 2016 gevra oor presies wat van sowat R1,5 miljard geword het wat vir die rehabilitasie van die Koornfontein- en Optimum-steenkoolmyn moet betaal.

Optimum is die ander groot steenkoolmyn wat aan die Guptas se Tegeta Mining & Exploration behoort.

Dié maatskappy en albei die myne is in sakeredding.

Die sakeredders is besig om ’n koper vir die myne te soek.

amaBhungane het in November 2017 berig Tegeta wou glo geld van die rehabilitasiefonds gebruik om lenings terug te betaal wat hy waarskynlik gekry het juis om Optimum te koop.

Oakbay Investments, die beherende maatskappy van Tegeta, het daarop aangedring dat hy bloot die fonds geskuif het omdat Standard Bank al sy rekeninge gesluit het.

Standard Bank en ander Suid-Afrikaanse banke het al die Guptas se bankrekeninge gesluit oor kommer weens die wettigheid van transaksies wat daarmee uitgevoer is.

Die wet vereis dat myne R1,5 miljard in ’n omgewingstrustfonds opsy sit wat dan vir rehabilitasie gebruik word wanneer die myn sluit.

Die fonds is later na die Bank of Baroda geskuif. Dié bank het hom ook sedertdien uit Suid-Afrika onttrek.

Die geld is intussen na ’n trustfonds by Nedbank geskuif.

Tebello Chabana, hoofbestuurder van openbare betrekkinge en transformasie by die Mineraleraad, het aan Netwerk24 bevestig dit is nét Koornfontein se lidmaatskap wat opgeskort is en nie dié van Optimum nie.

Meer oor:  Tegeta  |  Steenkoolmyn  |  Koornfontein  |  Guptas  |  Staatskaping  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.