Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Guptas se myne ‘speel met werkers se lewe’
Die Optimum-steenkoolmyn.Foto: Bloomberg

Die Optimum-steenkoolmyn en die Shiva-uraanmyn, wat voorheen deur die Guptas se Tegeta Exploration and Resources besit is, het mynregulasies oortree en werkers in gevaar gestel.

Dit is luidens ’n voorlegging Woensdag deur die departement van minerale bronne aan die parlement se portefeuljekomitee oor minerale bronne.

Mthokozisi Zondi, hoofmyninspekteur by die departement van minerale bronne, het aan die komitee gesê op bedryfsvlak voldoen die Tegeta-myne nie aan mynregulasies ten opsigte van infrastruktuur en bedryfstoerusting nie.

“Ons het hul infrastruktuur en toerusting geïnspekteer. Daar was gevalle van nienakoming van die regulasies.

“Die staalwerk by die goudaanleg was uiters verweer.

“Ons het ’n art. 54-opdrag (kragtens die Wet op Mynveiligheid) uitgereik om te verseker hulle installeer nuwe staalwerk,” sê hy.

Die departement het hulle gehelp om die gebreke reg te stel. Zondi sê die nalating om masjinerie en toerusting na te gaan, skep beroepsrisiko’s.

“Mobiele toerusting het nie stelsels wat bereken hoe naby hulle aan voertuie of mense is om botsings te vermy nie.

“Hulle het aansoek om vrywaring gedoen, maar dit is nie goedgekeur nie weens die risiko wat dit vir mense en voertuie inhou,” sê Zondi.

Hy het die komitee daaraan herinner dat werkers kragtens mynwetgewing mag weier om gevaarlike werk te doen. Hy het ook gesê oor dié kwessie verwag die departement dat werkgewers en werknemers oplettend moet wees.

“Hyskrane wat op aanlegte gebruik is, is nie behoorlik in stand gehou nie. Dit is nie getoets nie.

“Drukvate is nie gereeld getoets of onderhou nie.

“Hulle moes bedrywighede staak totdat alle nienakoming opgelos is.”

Thabo Mokoena, direkteur-generaal van minerale bronne, sê die myne is grootliks bestaanbaar as mynboubedrywighede, maar om hulle optimaal te bedryf is ’n kwessie van “die regte bestuur” en voldoening aan mynwetgewing.

Die Optimum-steenkoolmyn en die Shiva-uraanmyn is in sakeredding. – Fin24

Meer oor:  Guptas  |  Mynbou  |  Optimum  |  Mynboubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.