Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Guptas se Oakbay nie meer gelikwideer

Die Guptas se Oakbay Investments gaan nie gelikwideer word nie nadat hy en sy filiaal Tegeta Exploration and Resources Maandag oor uitstaande skuld geskik het.

Tegeta, wat in Februarie 2018 in sakeredding geplaas is, het vroeër in hofstukke beweer dat Oakbay hom R3,8 miljoen vir kantoorruimte skuld wat laasgenoemde van hom gehuur het. Omdat daar “geen vooruitsig” was dat Oakbay dié skuld sou kon betaal nie, is aansoek om sy likwidasie gedoen.

Bouwer van Niekerk, prokureur van die sakeredders, het Dinsdag aan Netwerk24 gesê die partye het ’n skikking bereik en Oakbay het sy uitstaande skuld betaal. Die likwidasieaansoek is dus teruggetrek.

LEES OOK: Guptas se Tegeta, Oakbay stry steeds oor skuld

Die partye het egter nie geskik wat betref Oakbay se aansoek dat Tegeta se sakeredders verwyder moet word nie.

Tegeta hou ’n groot belang in die omstrede Optimum-myn wat steenkool aan Eskom lewer.

Die sakeredders het reeds in 2018 aangekondig dat hulle Optimum asook die Koornfonteinmyn en die Guptas

se belang in die steenkoolterminus in Richardsbaai wil verkoop.

’n Verkooptransaksie, waarvolgens die bates aan Project Halo verkoop sou word, het egter deur die mat geval. Die nuwe sperdatum vir bieërs is 19 Julie, het John Taylor van GoIndustry DoveBid, wat die bieproses hanteer, aan Netwerk24 gesê.

“Dit was om konsortiums genoeg tyd te gee om hul noulettenheidsondersoeke af te handel. Al die partye het ingestem om die spertyd uit te stel,” sê hy.

Die vorige sperdatum was 18 Junie.

Meer oor:  Tegeta  |  Oakbay  |  Guptas  |  Likwidasie  |  Steenkoolmyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.