Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Guptas se Optimum: 8 wil dié myn koop

Die proses om die Optimum-steenkoolmyn te verkoop het eindelik weer rigting begin kry. Agt maatskappye het vir die myn gebie.

GoIndustry DoveBid, wat die verkoop van die myn behartig, het Vrydag die bodproses vir die myn gesluit.

steenkoolmyn
Die Optimum-steenkoolmyn in Mpumalanga. Foto: Bloomberg

John Taylor van GoIndustry DoveBid sê agt maatskappye stel belang om die myn te koop.

Die omstrede Indiese sakefamilie die Guptas se Oakbay Investments besit deur sy filiaal Tegeta Exploration & Resources ’n groot belang in die omstrede myn, wat steenkool aan Eskom lewer.

Taylor sê “sodra kwalifiserende aanbiedinge geïdentifiseer is, sal al die maatskappye wat belang stel saam met verteenwoordigers van die belangrikste krediteure in die komende weke op kommersiële voorwaardes ooreenkom.

“Dit sal dan aan krediteure in die vorm van ’n sakereddingsplan voorgelê word, waarna krediteure daaroor sal stem.”

Die sakeredders by die myn het al in 2018 aangekondig hulle wil Optimum asook die

Koornfonteinmyn en die Guptas se belang in die steenkooleindpunt in Richardsbaai verkoop.

Taylor sê die Optimum- en Koornfonteinmyn kan tot ná 2030 nog steenkool lewer.

Maatskappye het sedert Mei die geleentheid gehad om ’n aanbod vir Optimum te doen.

Die sperdatum om ’n bod in te dien was oorspronklik 18 Junie. Dit is uitgestel tot 19 Julie en later tot 26

Julie.

Taylor sê nie wie die maatskappye is wat gebie het nie.

Die sakeredders het voorheen probeer om die myne te verkoop. ’n Transaksie met Project Halo het egter deur die mat geval.

Daar is geen aanduiding of die regering se African Exploration Mining and Finance Corporation

(AEMFC) aan die proses gaan deelneem nie. AEMFC is ’n filiaal van die Sentrale Energiefonds. AEMFC het vroeër vanjaar ingestem om ’n finansieringsooreenkoms van R1 miljard met Optimum te sluit.

Louis Klopper, een van die sakeredders, het voorheen bevestig aangesien versoek is dat die

verkoopsproses weer van voor af begin, is dié transaksie gekanselleer.

Meer oor:  Optimum  |  Guptas  |  Steenkoolmyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.