Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Guptas se Optimum wag steeds vir nuus oor kopers

Daar is nog steeds geen nuus oor ’n koper vir die Guptas se Optimum-steenkoolmyn nie.

Die ingang na die Optimum-steenkoolmyn.Foto: Argief

John Taylor van GoIndustry DoveBid, wat die bodproses hanteer, het aan Netwerk24 bevestig dat die sperdatum vir dié proses weer eens uitgestel is.

Die sperdatum om ’n bod in te dien was oorspronklik 18 Junie. Dit is uitgestel tot 19 Julie en nou tot 26 Julie.

Dit is glo op versoek van belangstellende maatskappye gedoen sodat hulle hul noulettendheidsondersoeke na behore kan afhandel.

Die sakeredders wat by die myn aangestel is, het reeds in 2018 aangekondig dat hulle Optimum, asook die Koornfonteinmyn en die Guptas se belang in die steenkoolterminus in Richardsbaai wil verkoop.

’n Verkooptransaksie, waarvolgens die bates aan Project Halo verkoop sou word, het egter deur die mat geval.

Die Guptas se Oakbay Investments besit deur sy filiaal Tegeta Exploration and Resources ’n groot belang in die omstrede Optimum-myn wat steenkool aan Eskom lewer.

Taylor het kort ná die verkoopproses in Mei weer begin is, gesê sedert daar aanvanklik aangekondig is die myne is te koop, was daar tóé reeds sowat 62 navrae daaroor.

“Hierdie navrae was óf net ’n telefoonoproep óf meer ernstige gesprekke,” het hy gesê.

Daar is steeds geen aanduiding of die regering se African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC), aan die proses gaan deelneem nie. AEMFC is ’n filiaal van die Sentrale Energiefonds.

AEMFC het vroeër vanjaar ingestem om ’n finansieringsooreenkoms van R1 miljard met Optimum te sluit.

Louis Klopper, een van die sakeredders, het voorheen bevestig dat aangesien daar versoek is om die verkoopsproses weer van voor af te begin, is dié transaksie gekanselleer.

Meer oor:  Optimum  |  Oakbay Investments  |  Project Halo  |  Guptas  |  Steenkoolmyn  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.