Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Gwede Mantashe: Implats is ‘roekeloos, arrogant’

Impala Platinum (Implats) is ’n “duidelike voorbeeld van ’n roekelose maatskappy wat net op sy eie planne fokus, al is dit glad nie haalbaar nie”.

’n Werker besig met voorbereidingswerk vir boorwerk in Implats se Rustenburg-myn. Foto: Bloomberg

Dis hoe die departement van minerale bronne die platinummaatskappy beskryf kort nadat hy aangekondig het hy gaan tot 13 400 werkers oor die volgende twee jaar uit diens stel.

“Hul roekelose optrede smeer net sout in die wonde,” sê die departement in ’n verklaring.

Gwede Mantashe is sedert Februarie vanjaar die minister van minerale hulpbronne.

Die departement sê hy was nog aan die begin van onderhandelinge met Implats waar hy die maatskappy aangemoedig het om ander opsies te oorweeg om só te verseker werkers word nié afgelê nie.

Hy het met Implats ooreengekom om die proses ingevolge ’n art. 52-proses luidens die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne te volg.

“Die span het beplan om die proses saam met die maatskappy te volg, en toe hardloop Implats ons vooruit en kondig aan hy gaan werkers aflê.

“Ons het deurgaans volgehou net ’n sektor wat nie sy werkers as waardevolle bates beskou nie, sal op só ’n manier optree.”

Die departement sê wat dit erger maak, is dat Suid-Afrika reeds met ’n hoë werkloosheidsyfer sukkel.

“Implats se optrede wys hy is arrogant, en beweeg stroomop in ’n tyd wanneer selfs die president van die republiek ’n beroep op almal doen om skouer aan die wiel te sit om ons land se ekonomiese weer aan die gang te kry,” vaar die departement uit.

Die departement sê hy versoek Implats om weer sy beplande optrede te heroorweeg.

Lees ook: Implats afleggings gaan Rustenburg erg knou

Nico Muller, uitvoerende hoof van Implats, het vroeër Donderdagoggend gewaarsku dat die departement waarskynlik ernstig kapsie gaan maak omdat ’n proses luidens art. 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge van stapel gestuur is.

“Ons weet hoe die departement oor ’n art. 52-proses voel. Ons sal só ’n proses volg wanneer ons begin om skagte toe te maak,” het hy verduidelik.

Hy sê die art. 189-proses is ook nie bevestiging dat hulle 1 500 mense in die eerste fase van herstrukturering gaan aflê nie.

“Dit beteken net ons gaan met gesprekke daaroor begin en kyk wat ons kan doen,” verduidelik hy.

Muller het herhaaldelik gesê die maatskappy sal alles moontlik doen om afleggings te beperk, maar dat die Rustenburg-myn nie tans volhoubaar bedryf word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.