Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Gwede: Myn-tantième kan betaal vir welvaartfonds

Die myne se tantième aan die staat kan gebruik word om die soewereine welvaartfonds te finansier, sê Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie. Foto: Daily Sun

Hy het Woensdag in die debat oor die staatsrede gereageer op kritiek teen die gedagte van só 'n fonds en op vrae oor waar die geld vir die finansiering vandaan gaan kom, en gesê myne se tantième kan ’n eenvoudige oplossing bied.

Hy het ook daarop gewys dat beurtkrag nog minstens twee jaar met ons gaan wees.

Volgens hom sal die ministeriële bepalings wat die geïntegreerde hulpbronplan se kragplanne vir die volgende dekade sal realiseer, binnekort uitgereik word sodra gesprekke gevoer is met die nasionale energiereguleerder (Nersa).

Tot 481 voorstelle is ontvang in reaksie op die departement van minerale hulpbronne en energie se versoek in Desember vir voorstelle oor noodkragopwekking wat binne 12 tot 36 maande op die been kan kom.

Verder het Nersa 132 aansoeke ontvang vir klein kragprojekte van minder as 1 MW. Vir kragprojekte van meer as 1 MW het Nersa sedert Mei verlede jaar 18 aansoeke ontvang. Baie van dié aansoeke is nog nie afgehandel nie, sê Mantashe.

Hy het gepraat net ná Kevin Mileham, DA-woordvoerder oor energie, wat Mantashe skerp gekritiseer het oor sy traagheid om nuwe kragopwekking te kontrakteer.

Mileham het ook pres. Cyril Ramaphosa se hantering van die Eskom- en SAL-krisisse gekritiseer en die president daaraan herinner dat hy in 2014 as adjunkpresident die taak opgelê is om toesig te hou oor die regruk van Eskom en die SAL. Sedertdien is Eskom op die rand van ineenstorting en is die SAL in sakeredding.

  • Lindiwe Sisulu, minister van water en sanitasie, het gewaarsku dat diefstal en vandalisme die waterkrisis in Suid-Afrika vererger. Sy het in die debat oor die staatsrede gesê die Mzimvubu-waterprojek waarvan die eerste fase al begin het, sal hidroëlektrisiteit opwek en kan sorg dat ’n groot deel van die Oos-Kaap van Eskom onafhanklik word.
Meer oor:  Gwede Manta­She  |  Staatsrede2020  |  Tantieme  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.