Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Hoë goudprys help produsente
DRDGold se bedrywighede suid van Johannesburg. Foto: Verskaf

Die hoë goudprys het twee van Suid-Afrika se kleiner goudprodusente ’n welkome hupstoot gegee.

GoldFields en DRDGold sê albei Woensdag in handelsverklarings op die JSE se nuusdiens Sens dat hulle steeds goed presteer ondanks die impak van die koronaviruspandemie op die sektor.

Die goudprys het in die ses maande tot einde Junie met 17% tot $1 780,14 gestyg. Dit terwyl die rand in dieselfde tydperk met 23% teenoor die dollar teruggesak het. Waar dit op 2 Januarie nog teen R14,08 verhandel het, het dit einde Junie teen R17,35 teenoor die dollar verhandel.

Die swakker rand en hoër dollar-goudprys beteken dat plaaslike goudprodusente baie meer verdien in randwaarde sonder om addisionele uitgawes aan te gaan.

goudprys

GoldFields

GoldFields sê hy verwag dat sy basiese verdienste vir die ses maande tot einde Junie tussen $0,17 en $0,19 gaan wees. Dit is tussen 90% en 110% hoër as ’n jaar gelede.

Wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting tussen $0,19 en $0,20 wees. Dit is ’n styging van tussen 290% en 310% teenoor ’n jaar gelede.

GoldFields sê die styging is hoofsaaklik te danke aan die hoër goudprys.

GoldFields sal na verwagting sy resultate op 20 Augustus bekend maak.

Die maatskappy verhandel Woensdag bykans 9% hoër teen R248,31 op die JSE.

DRDGold

DRDGold het in die jaar tot einde Junie 5 424 kg, oftewel 174 385 fynons goud produseer. Dit is 9% meer as ’n jaar gelede.

Hoewel dit minder is as die 175 000 tot 190 000 fynons wat hy vir die tydperk verwag het, sê hy gegewe die omstandighede is dit steeds ’n goeie prestasie.

DRDGold het tans R1,715 miljard in die bank. Dit volg selfs nadat hy ’n dividend van R213,8 miljoen uitgekeer het.

DRDGold verhandel Woensdagoggend teen bykans 10% hoër teen R28,81 op die JSE.

Meer oor:  Drdgold  |  Goldfields  |  Goudprys  |  Goud  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.