Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Hoë goudprys, swak rand help Harmony Gold
Harmony se Kusasalethu-goudmyn. Foto: Argief

Die hoër goudprys en swakker goudprys het Harmony Gold gehelp om verliese beduidend te verminder.

Die gemiddelde goudprys het gedurende die jaar met 25% tot R735 569 per kilogram gestyg.

Die groot redes hiervoor was die prys in dollar wat gestyg het, én die rand wat teenoor die dollar verswak het.

Die wisselkoers van die rand teenoor die dollar het van gemiddeld R14,18 tot R15,66 teruggesak. Dit het egter Harmony se inkomste gesteun omdat hy goud in dollar verkoop.

Hoewel goudproduksie vir die jaar 15% laer was teen 37 863 kg, oftewel 1,2 miljoen fynons, het die maatskappy se inkomste steeds met 9% tot R29,2 miljard gestyg.

Die invloed van die swakker rand is baie duidelik wanneer net na die maatskappy se inkomste in dollar gekyk word. Harmony het in die jaar ’n dollar-inkomste van $1 867 verdien. Dit is $31 miljoen minder as ’n jaar gelede.

Die goeie inkomste het egter nie gekeer dat Harmony nie steeds ’n verlies ly nie.

Die maatskappy het in die jaar tot einde Junie ’n verlies van R850 miljoen gely. Dit is teenoor die verlies van R2,6 miljard ’n jaar gelede.

Peter Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony, het vroeg Dinsdagoggend in ’n aanlyn bespreking van die maatskappy se resultate gesê dat hulle baie tevrede is met hoe die maatskappy presteer het, veral gegewe dat van sy ondergrondse bedrywighede vir ’n deel van die staat van inperking gesluit was.

Steenkamp het gesê nog ’n probleem wat druk op produksie geplaas het, was beurtkrag.

Harmony se skuld beloop nou R1,3 miljard. Dit is teenoor die R3,5 miljard ’n jaar gelede.

Die verlies per aandeel beloop R1,64. Dit is ’n beduidende verbetering teenoor die verlies per aandeel van R4,98 ’n jaar gelede.

Wesensverlies per aandeel beloop R1,54 teenoor die wesensverdienste van R2,04 ’n jaar gelede.

Geen dividend is uitgekeer nie.

Covid-19

Steenkamp het gesê dat die maatskappy daarin kon slaag om in die drie maande tot einde Junie, steeds 75% van sy produksieteikens haal.

Die maatskappy het sowat vyf ton se goudproduksie weens die pandemie verloor.

Teen 10 September was 4,1% van die maatskappy se werknemers positief vir die koronavirus getoets. Daar is steeds 61 werknemers wat met siekteverlof is weens die virus, terwyl 29 van die maatskappy se werkers aan Covid-19 gesterf het.

Harmony het sowat R100 miljoen spandeer om sy werksaamhede te beveilig sodat sy werknemers kan terugkeer.

Harmony se aandele begin Dinsdag teen R103,06 op die JSE verhandel.

Meer oor:  Harmony Gold  |  Peter Steenkamp  |  Myne  |  Goud  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.