Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Hoër produksie stu DRDGold se wins
Die Ergo-mynaanleg suid van Johannesburg waar DRDGold goud herwin.

DRDGold, wat goud uit mynhope en ander mynuitskot herwin, het ’n stewige wins in die jaar tot einde Junie behaal.

Sy inkomste het met 6% tot R2,49 miljard gestyg terwyl sy bedryfswins 38% hoër was op R355,2 miljoen vergeleke met die vorige boekjaar.

Sy wesensverdienste het met ’n enorme 775% tot R7 miljoen, oftewel 1,7c per aandeel, gestyg.

Die maatskappy het Woensdag sy resultate op die JSE se nuusdiens, Sens, gepubliseer.

Niël Pretorius, uitvoerende hoof van DRDGold, sê in die verklaring die grootste rede vir die verbetering is hoër produksie danksy ’n groter konsentrasie goud in die herwinningsmateriaal, wat ook gehelp het om produksiekoste te verlaag.

Goudproduksie het met 10% tot 4 679 kg gestyg.

DRDGold se aandeelprys het Woensdagoggend ná die bekendmaking van die resultate met 6% tot R3,31 op die JSE gestyg.

Meer oor:  Drdgold  |  Goudmyne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.