Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Hof keur skikking van R5 mjd. vir silikose goed

Die hooggeregshof in Johannesburg het ’n historiese skikkingsooreenkoms ter waarde van R5 miljard vir slagoffers van die longsiekte silikose goedgekeur.

Regter Leoni Windell het bevind dat alle partye hul bes gedoen het om te verseker dat die skikking “billik, voldoende en regverdig” is.

“Die bepalings van die skikkingsooreenkoms toon dat hulle daarin geslaag het.”

Mynwerkers besig om gate in ’n rotswand te boor. Foto: Reuters

Die ooreenkoms is tussen duisende mynwerkers en hul afhanklikes en ses groot goudmynmaatskappye. Dit is om mynwerkers en hul families te vergoed wat silikose opgedoen het terwyl hulle by die myne gewerk het.

Die ooreenkoms sluit werkers in wat tot so lank gelede as Maart 1965 by goudmyne gewerk het.

Die regsdokumente beskryf die saak as een van die “mees komplekse veelparty-klasaksiesake wat nóg beding is”.

African Rainbow Minerals‚ Anglo American SA‚ AngloGold Ashanti‚ Gold Fields‚ Harmony en Sibanye-Stillwater, die ses maatskappye wat by die saak betrokke is en wat ooreengekom het om die R5 miljard te betaal, het die beroepsgroep vir longsiektes geskep.

Die maatskappye erken dat hulle in die verlede nie die nodige voorsorgmaatreëls getref het om werknemers teen silikastof te beskerm nie.

Die mynwerkers en hul familielede word deur verskeie prokureurs verteenwoordig. Richard Spoor en die Regshulpbronsentrum het hulle veral vir dié saak beywer.

Vier kategorieë

Die saak is in ’n historiese uitspraak in Mei 2016 tot ’n klasaksies verklaar.

In Desember 2018 is die vier kategorieë waarvolgens werkers eise kan indien as volg geklassifiseer:

  • Mynwerkers wat silikose opgedoen het of aan silikastof blootgestel is;
  • Die afhanklikes van mynwerkers wat dood is weens silikose;
  • Mense wat tuberkulose opgedoen het; en
  • Die afhanklikes van mynwerkers wat weens tuberkulose dood is.

Eisers sal ’n bedrag van tussen R70 000 en R500 000 ontvang, afhangend van die kategorie waarbinne hul eis val.

Die voordele sal deur die Tshiamiso-fonds betaal word. Dié fonds is spesifiek vir dié doel geskep.

Die fonds sal R845 miljoen ontvang om werkers en familielede te identifiseer wat kwalifiseer om ’n eis in te dien.

Die fonds sal vir 12 jaar in bedryf wees, waarna ’n verdere jaar bestee sal word om alle eise af te handel.

Luidens die Regshulpbronsentrum sal ’n raadgewende komitee aangestel word om toesig te hou oor die uitbetaling van eise.

Verteenwoordigers van die staat, vakbonde, gemeenskapsleiers, nie-winsgewende organisasies en ander sal in dié komitee dien.

Fin24

Meer oor:  Richard Spoor  |  Goudmaatskappye  |  Goud  |  Silikose  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.