Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Hofproses met silikose-skikking in die pylvak
AngloGold Ashanti se TauTona-goudmyn.

Die 12 jaar lange proses om goudmynwerkers te vergoed wat die dodelike longsiekte silikose opgedoen het, nader nou sy einde.

Die Mineraleraad van Suid-Afrika (MRSA) het Donderdag in ’n verklaring gesê die hooggeregshof in Johannesburg is op die punt om die skikking wat op 3 Mei onderteken is, ’n hofbevel te maak.

Mense wat besware het teen die skikkingsooreenkoms, moet argumente indien, wat dan van 29 tot 31 Mei aangehoor sal word.

Die hof sal dan ook besluit of die skikkingsooreenkoms billik en redelik is.

Indien géén beswaar ontvang word nie, sal die skikking op 3 Mei ’n hofbevel word.

Daar is reeds op 13 Maart 2016 die vereiste gestel dat ’n hof enige skikkingsooreenkoms moet goedkeur.

Richard Spoor, Abrahams Kiewitz en die Regshulpbronsentrum verteenwoordig 48 partye in dié saak.

Dit sluit mynwerkers in en die werkgroep oor longsiektes, wat African Rainbow Minerals, Anglo American, AngloGold Ashanti, Gold Fields, Harmony en Sibanye-Stillwater insluit.

Besonderhedeoor die skikking kan hier gelees word.

Luidens die skikking sal mynwerkers wat silikose opgedoen het of naasbestaandes van dié wat reeds gesterf het, met tussen R70 000 en R500 000 vergoed word na gelang van die erns van hul toestand.

Luidens die ooreenkoms sal mynwerkers wat van 12 Maart 1965 tot op hede silikose of tuberkulose opgedoen het terwyl hulle vir dié mynmaatskappye gewerk het, vergoed word.

Hoewel die regter in die oorspronklike hofuitspraak om die skikking aan te kondig gesê het die finale getal eisers kan sowat 500 000 beloop, sê die departement van gesondheid teen 2014 is net 33 045 silikoselyers geregistreer.

Spoor reken die uiteindelike getal eisers sal tussen 50 000 en 100 000 wees.

Benewens die skikking met die maatskappye, kan slagoffers vergoeding van die staat eis.

Die mynmaatskappye het sowat R5 miljard vir dié doel opsygesit.

Meer oor:  Sibanye-Stillwater  |  Anglogold Ashanti  |  Harmony Gold  |  Richard Spoor  |  Goud  |  Silikose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.