Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Implats maak weer wins
’n Mynskag by Implats se bedrywighede buite Rustenburg in Noordwes. Foto: Bloomberg

Impala Platinum (Implats) is weer op die winspad.

Die maatskappy sê Maandagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, hy verwag om ’n verdienste per aandeel bekend te maak wanneer hy sy resultate vir die boekjaar tot einde Junie op 5 September bekend maak.

Hy sê egter nie hoe groot die wins is wat hy verwag nie.

Implats wys wel daarop dat hy ’n jaar tevore ’n basiese verlies per aandeel van R14,86 en ’n wesensverlies per aandeel van R1,71 gely het.

Wat hom baie in die mees onlangste boekjaar gehelp het, is dat hy nie wéér ’n waardedaling van R9,7 miljard het soos vir die boekjaar tot einde Junie 2018 nie.

Implats sê sy verbeterde platinumproduksie, asook ’n beter mandjieprys vir platinumgroepmetale was ook ’n positiewe verwikkeling.

Implats het 12% méér platinum in die jaar tot einde Junie 2019 teenoor die vorige jaar verkoop.

Meer oor:  Implats  |  Wins  |  Mynboubedryf  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.