Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Hoë van Implats in hof oor SMS
Mark Munroe, uitvoerende hoof van Implats se bedrywighede in Rustenburg. Foto: Verskaf

Mark Munroe, uitvoerende hoof van Impala Platinum (Implats) se bedrywighede in Rustenburg, het Vrydag in die landdroshof in Phokeng, Noordwes, verskyn oor ’n SMS wat hy gestuur het.

Die polisie beskuldig Munroe daarvan dat hy die inperkingsreëls oortree het toe hy verlede naweek ’n SMS aan werknemers gestuur het om hulle in te lig dat dié maatskappy beplan om teen Dinsdag 14 April van sy bedrywighede te hervat.

Werknemers is gevra om op dié dag terug te kom werk toe.

Johan Theron, woordvoerder van Implats, het die aanklag teen Munroe telefonies aan Netwerk24 bevestig.

“Mark het soos vele ander mynbase in die land van die werknemers gevra om terug te kom werk toe.

“Dit was aan die hand van die vergunning wat die departement van minerale bronne en energie gemaak het, dat daar met basiese bedrywighede by myne voortgegaan kan word as deel van die instandhoudingsproses van dié myne,” verduidelik hy.

“Om die een of ander rede glo die polisie in Rustenburg egter dat mynwese nié ’n noodsaaklike diens is nie, en dat Mark die reëls wat betref inperking dus oortree het toe hy die boodskap gestuur het,” sê Theron.

Hy sê hy wil dit baie duidelik stel dat Implats die maatreëls ten volle steun wat die regering ingestel het om die Covid-19-pandemie te beveg.

“Daar is egter net duidelik verskillende interpretasies van vergunnings wat gemaak word.

“Baie ander mynbase het presies dieselfde gedoen as Mark, dog geen klagte is ingedien nie,” sê hy.

Theron sê dis juis weens dié voorval dat die maatskappy nie onmiddellik van sy bedrywighede hervat nie, selfs nadat Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, Donderdag bevestig het myne mag 50% van hul bedrywighede hervat.

“Die vraag is nou: Is dit 50% van produksie, 50% van die werksmag wat kan terugkeer, of wat?”

Theron sê daar gaan definitief konsultasie tussen alle belanghebbendes moet wees oor presies wat toegelaat gaan word, en wat nié.

Theron het Donderdag reeds aan Netwerk24 bevestig dat die myn toe nié op 14 April bedrywighede hervat het nie.

Munroe is Vrydag borg van R60 000 toegestaan. Hy sal weer in Augustus in die hof verskyn.

Meer oor:  Implats  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Mynbou  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.