Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Implats se wins styg, duisende poste gered
Implats se nuwe Lac des Illes-platinummyn in Kanada.Foto: Verskaf

Dit het in die ses maande tot einde Desember so goed gegaan met Impala Platinum (Implats) dat hy nie meer van sy voorgenome skagsluitings gaan doen nie.

Hy kan dus duisende poste by sy myn buite Rustenburg in Noordwes behou.

Daarby het hy sy aandeelhouers met ’n tussentydse dividend van R1,25 per aandeel beloon.

Dit is alles danksy die 36%-styging in die mandjieprys in dollar vir die platinumgroepmetale (PGM) tot $1 420 per ons in die ses maande onder oorsig. In rand was die mandjieprys 41% hoër op R20 888 per ons.

Implats het Donderdag op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê sy wesensverdienste in die ses maande is R3,4 miljard, of R4,36 per aandeel.

Hoewel Implats se verkope met 16% gedaal het, het sy inkomste met 19% tot R28 miljard gestyg. Dit het hom met ’n netto wins van R6,2 miljard gelaat; 90% hoër as in die ooreenstemmende ses maande in die vorige boekjaar.

Implats se skuld het egter met bykans R1 miljard tot R1,94 miljard gestyg weens die verkryging van die Lac des Iles-platinummyn by die stad Thunder Bay in Ontario, Kanada.

Implats het in Oktober aangekondig dat hy dié myn vir R11,5 miljard bekom.

Implats het Woensdag in ’n verklaring aangekondig dat hy dié bedrywighede nou amptelik onder Implats Kanada bedryf.

Plaaslike bedrywighede

Implats sê in ’n verklaring danksy die hoër platinumprys het hy besluit om van sy ouer skagte langer in bedryf te hou.

Dit kom nadat hy in Augustus 2018 aangekondig het dat hy sy no. 1-, 9-, 12- en 14-skag sou sluit omdat hul oorblywende leeftyd beperk was en/of weens die swak platinumprys.

Hy sê nou hy gaan vir eers sy no. 1-skag in bedryf hou totdat die hulpbronne daar oor drie jaar uitgeput is. Hy behou dus vir eers die 2 500 poste by dié skag.

Hy sal ook vir die aansienbare toekoms die no. 12- en 14-skag in bedryf hou, wat beteken meer as 10 000 werknemers hier behou hul werk.

Implats gaan egter steeds die no. 9-skag sluit.

Implats se aandeel het Donderdag 2% hoër teen R146,76 op die JSE verhandel.

Meer oor:  Implats  |  Platinum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.