Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Implats se wins verdubbel byna

Die 2019-rekordprys van palladium wat in Desember gehaal is, was een van die faktore wat Impala Platinum (Implats) die afgelope ses maande ’n stewige hupstoot gegee het.

’n Myn van Implats naby Rustenburg in Noordwes.Foto: Implats

Implats, ná Anglo American Platinum (Amplats) die wêreld se grootste platinumprodusent, sê in ’n handelsverklaring sy wins is aansienlik hoër vir die ses maande tot Desember 2019 teenoor dieselfde ses maande van 2018.

Palladium het in Desember $2 005 per fynons gehaal en het vir die hele 2019 met 58% gestyg. Dit word toegeskryf aan ’n wêreldwye tekort aan die metaal – en dit is deur fase 6-beurtkrag in Desember aangehelp.

Sedertdien het palladium selfs verder gestyg en Donderdag het dit $2 400 per fynons gekos.

Platinum het self die jaar 22% hoër afgesluit en verhandel nou teen $983,50 per fynons.

Implats het aangekondig sy wesensverdienste gaan na verwagting tussen 42% en 62% hoër wees. Wesensverdienste per aandeel gaan met tussen 32% en 50% styg. Dit sal die wesensverdienste op tussen R3,16 miljard en R3,6 miljard te staan bring en die wesensverdienste per aandeel op tussen 408c en 465c.

Die groep se bruto wins vir die halfjaar gaan met 90% styg, dus byna verdubbel, tot nagenoeg R6 miljard.

Ringe wat van palladium gemaak is. Palladiumpryse het in 2019 met 58% gestyg, en verhandel vir die eerste keer nog bo $2000 per ons.

Implats sê hoewel hy weens die beplande instandhouding by sy smeltery minder platinum verkoop het, was die randprys van PGM’e hoër.

Afleggingskoste van R238 miljoen en hoër belasting het ’n negatiewe impak gehad.

Implats reik sy halfjaarresultate op 27 Februarie uit.

Suid-Afrika is die wêreld se grootste platinum- en tweede grootste palladiumprodusent. Die belangrikste gebruik van palladium, saam met rodium en platinum, is in drierigting- katalitiese omsetters in motoruitlaatstelsels.

Amplats het verlede week aangekondig sy wesensverdienste gaan met 151% tot R19,055 miljard styg. Dis vir sy voljaar tot einde Desember. Sy resultate word op 17 Februarie uitgereik.

Meer oor:  Implats  |  Impala Platinum  |  Platinum  |  Palladium
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.