Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
JIC van Guptas ook in likwidasie

Die mynkontrakteur JIC Mining Services wat deur die Gupta-familie besit word, is in likwidasie.

Volgens bronne wat kennis dra van die aangeleentheid, het Westdawn Investments, wat as JIC Mining Services handel dryf, skuld van sowat R60 miljoen.

Die embleem van JIC Mining Services op sy Facebook-blad.

Die maatskappy het Vrydag ’n brief van ’n likwidateur gekry wat deur die hooggeregshof aangestel is, het die bronne gesê wat nie geïdentifiseer wil word nie, omdat die inligting nie openbaar is nie.

Dit is nie seker hoekom hulle dit sal sê as die saak reeds in die hof gedien het nie.

Die aansoek is deur Kal Tire Mining gebring aan wie JIC glo R900 000 skuld.

Sowat 800 mense kan hul werk verloor en Jagannath Arora, uitvoerende hoof, gaan die land verlaat en na Indië terugkeer.

JIC het in 2017 werk by die Maseve-konsentreerderaanleg van Platinum Group Metals Beperk gedoen. Dié maatskappy het vir die dienste betaal, maar JIC se verskaffers is nie betaal nie.

Die Guptas se Oakbay Resources & Energy het JIC in 2006 bekom. Oakbay het in September 2016 in ’n aankondiging oor sy resultate vir die jaar tot einde Februarie gesê JIC is die tweede grootste individuele sake-eenheid in die groep ten opsigte van inkomste. Dit was toe die grootste sake-eenheid in die mynafdeling van Oakbay.

In daardie stadium is gesê JIC het 2 780 mense in diens en sy kliënte was rondom Rustenburg gebaseer.

Volgens die bronne trek Oakbay na nuwe kantore en gaan hy voortaan as MJ Mining handel dryf.

Die lede van die Gupta-familie, wat by staatskaping in Suid-Afrika betrek word, het van bestuursposte bedank in die maatskappye wat hulle beheer ná die aantygings dat hulle politici onbehoorlik beïnvloed het om transaksies te kry.

Die Guptas het al vantevore ongerymdhede ontken.

Westdawn se telefoon het nie gewerk nie en die maatskappy het nie gereageer op e-posse nie.

Oakbay se kontaknommer werk ook nie.

Die likwidateur kon ook nie vir kommentaar bereik word nie.

Die regsverteenwoordigers van die Guptas het ook nie gereageer op vrae wat per e-pos gestuur is nie. –Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Optimum  |  Oakbay  |  Guptas  |  Likwidasie  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.