Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Kommer oor pandemie stu DRDGold se waarde
DRDGold se Ergo-bedrywighede in die suide van Johannesburg. Foto: Argief

Nóg ’n Suid-Afrikaanse mynmaatskappy beloon sy aandeelhouers met ’n dividend.

DRDGold, wat mynhope in en om Johannesburg herwin, het ’n finale dividend van 35c per aandeel uitgekeer.

Dit kom nadat sy bedryfswins vir die jaar tot einde Junie viervoudig tot R1,562 miljard vermeerder het.

DRDGold het vroeg Dinsdagoggend sy resultate vir die jaar bekend gemaak.

Niël Pretorius, uitvoerende hoof van DRDGold, sê in ’n verklaring dat beleggers se besluit wêreldwyd om gedurende die Covid-19-pandemie in goud as veilige beleggingshawe te belê, was baie goeie nuus vir goudmynmaatskappye.

“Ons markwaarde het van R3 miljard tot meer as R23 miljard gegroei,” sê hy in die verklaring.

DRDGold se aandeleprys het van R7,15 op 16 Maart tot R25,30 Dinsdagoggend gestyg.

Dit het in ’n stadium selfs so hoog as R29,10 gestyg.

Luidens Iress, wat data aan die JSE verskaf, beloop die maatskappy se markwaarde Dinsdagoggend R21,87 miljard.

Hoewel goudmyne hul bedrywighede moes staak gedurende die strenger vlakke van die staat van inperking, kon DRDGold daarna weer baie vinnig aan die gang kom.

Dit is omdat dié maatskappy se bedrywighede op die oppervlak is, en hy nie dieselfde uitdagings het as myne wat veiligheids- en gesondheidsmaatreëls moes tref vir werkers wat ondergronds werk nie.

DRDGold se totale goudproduksie het gedurende die jaar met 9% tot 5 424 kg gesyg.

Sy inkomste het met 52% tot R4,185 miljard gestyg. Dit was deels te danke aan die hoër produksievlakke, maar hoofsaaklik vanweë die enorme styging in die goudprys van 33% tot R768 675 per kilogram.

Wesensverdienste beloop R634,5 miljoen, oftewel 82c per aandeel. Dit is teenoor die wesensverdienste van R72,7 miljoen, of 11c per aandeel, ’n jaar tevore.

DRDGold se aandele begin Dinsdag teen R25,30 op die JSE verhandel.

Meer oor:  Drdgold  |  Koronavirus  |  Mynboubedryf  |  Covid-19  |  Inkomste  |  Ekonomie  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.