Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Koper van Gupta-myn se vreugde van korte duur
koornfontein
Die Koornfontein-myn wat aan die Guptas behoort het. Foto: Ciaran Ryan

Die staat se African Exploration Mining and Finance Corporation (AEMFC) kon dit weer nie regkry om een van die Guptas se steenkoolmyne te koop nie.

AEMFC is net meer as ’n week gelede saam met sy konsortium-vennoot, Lurco, as die gekose koper van die Guptas se Koornfontein-myn aangewys.

Die maatskappye se vreugde oor dié transaksie was egter van korte duur omdat hulle nie aan een van die twee grootste voorwaardes vir die transaksie kon voldoen nie.

Lurco en AEMFC moes teen Vrydag die volle R500 miljoen wat hulle vir die myn sou betaal, wat aan die Guptas se Tegeta Exploration and Resources behoort, in Suid-Afrika beskikbaar hê.

’n Woordvoerder van Lurco, asook Bouwer van Niekerk, die sakeredder wat vir die myn aangestel is, se prokureur, het Maandag aan Netwerk24 bevestig dat die maatskappy nie betyds die geld vir die transaksie in die land kon kry nie.

Lurco sê “ons het nie daarin geslaag om die sperdatum te haal nie weens regulasies vir valutabeheer, wat ’n minimum van ses weke neem om die geld die land in te bring.”

Lurco het voorheen gesê dat die geld deur ’n “Europese finansierder” verskaf sou word.

AEMFC behoort aan die Sentrale Energiefonds wat op sy beurt aan die staat behoort.

Die twee maatskappye het aan die begin van die jaar ook probeer om bates wat voorheen aan die Guptas behoort het, te koop. Toe is hul aanbod, wat veral op die groter Optimum-myn gefokus het, te laat ontvang om oorweeg te word.

In daardie stadium sou die myne aan Project Halo verkoop word. Dié transaksie het egter deur die mat geval en ’n nuwe verkoopproses is van stapel gestuur.

Lurco sê hy sal nou in gesprek tree met die sakeredders om vas te stel wat hy nou kan doen.

Van Niekerk het egter aan Netwerk24 bevestig dat Lurco se aanbod nou verval, en dat Black Royalty Minerals (BRM) nou die gekose koper van die Koornfontein-myn is soos wat die krediteure reeds op 18 Oktober vasgestel het.

BRM het R300 miljoen vir die myn aangebied. Van Niekerk het bevestig dat die maatskappy bewyse ingedien het dat die volle koopsom beskikbaar is.

Luidens BRM se webtuiste besit hy ook die Chilwavhusiku-steenkoolmyn naby Bronkhorstspruit in Gauteng.

Meer oor:  Staatskaping  |  Mynbou  |  Mineraleraad  |  Steenkoolmyn  |  Koornfontein  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.