Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Kumba rojaal met dividend

Die ysterertsgroep Kumba Iron Ore beloon sy aandeelhouers met ’n ruim halfjaardividend van R72,70 per aandeel.

Kumba Iron Ore se Sishen-myn.

Kumba het ondanks slegte weer en logistieke beperkinge in die afgelope halfjaar tot einde Junie sy produksie met 12% tot 20,4 miljoen ton opgestoot, het Themba Mkhwanazi, uitvoerende hoof, Dinsdag gesê.

Die beter produksie tesame met ’n stewige ysterertsmark het tot ’n buitengewone verdienste voor rente, belasting, depresiasie en afskrywing (ebidta) van R44 miljard gelei. Dit het Kumba die ruimte gegee om die dividend van R72,70 te kon verklaar.

Dit is 271% meer as ’n jaar gelede se tussentydse dividend van R19,60. Die dividend sal teen 23 Augustus aan aandeelhouers betaal word.

Kumba se aandeelprys het Dinsdagoggend met 1% tot meer as R737 gestyg.

Kumba vorder fluks met die inenting van al sy werknemers teen Covid-19, het Mkhwanazi Dinsdag in ’n aanbieding oor die halfjaarsyfers gesê.

Kumba het in die afgelope halfjaar meer as R10 miljard aan belastings en heffings in Suid-Afrika betaal tot voordeel van die ekonomie, sê hy.

Kumba se vervoer van ystererts is vanjaar selfs deur ’n sprinkaanplaag geteister op Transnet se ysterertsspoorlyn na Saldanha. Dit is die eerste keer dat dit gebeur, sê Mkhwanazi. ’n Bespuitingsprogram is ingestel en sal volgende jaar herhaal word om soortgelyke sprinkaanplae te hanteer.

Kumba werk saam met Transnet om die vervoerprestasie te verbeter, asook die werking van die hawe by Saldanha.

Die vraag na ystererts in Kumba se tradisionele markte buite China het sterk herstel namate inentingsprogramme ingestel is.

Ysterertspryse het in die halfjaar skerp gestyg tot $216 ton teenoor ’n jaar gelede se $91 per ton.

Meer oor:  Mynbou  |  Ystererts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.