Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
Kumba: ‘Saldanha Staal wat sluit sal ons raak’

Kumba Iron Ore, wat ystererts in die Noord-Kaap ontgin, verwag hy gaan 500 000 ton minder erts in 2020 verkoop.

Die Sishen-ysterertsmyn is een van Kumba se groot myne in die Noord-Kaap. Foto: Kumba

Die uitsluitlike rede wat hy hiervoor aanvoer is omdat ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) Maandag aangekondig het dat hy Saldanha Staal gaan sluit.

Kumba sê Dinsdag in ’n verklaring op Sens dat hy nou verwag om tussen 41,5 en 42,5 miljoen ton ystererts in 2020 te verkoop, teenoor die tussen 42 en 43 miljoen ton wat hy voorheen verwag het.

Kumba sê hy verwag nie dat sy verkoopsyfers vanjaar reeds geraak sal word nie.

Kobus Verster, uitvoerende hoof van Amsa, het Maandag op ’n perskonferensie gesê die maatskappy begin onmiddellik met die proses om die aanleg in ’n staat van sorg en instandhouding te plaas. Die proses sal na verwagting teen Maart 2020 afgehandel wees.

Op ’n vraag oor hoe groot die invloed van Amsa se besluit op die plaaslike mynbedryf sal wees, het Verster gesê hy verwag nie dat dit beduidend sal wees nie.

Hy het toe aan Netwerk24 gesê die meeste van die hulpbronne wat die aanleg gebruik, word ingevoer.

Kumba sê op sy beurt in die Sens-verklaring dat Amsa nie ’n groot bron van inkomste vir hom is nie, en dat “uitvoer 94% van ons totale verkoopsvolumes uitmaak”.

Kumba waarsku wel dat hy gaan dophou wat Amsa oor sy ander aanlegte gaan besluit.

Verster het bevestig dat Amsa volgende na sy aanleg in Newcastle, KwaZulu-Natal, gaan kyk om te besluit of hy daar ook moet herstruktureer.

Kumba se aandeelprys het Dinsdag sowat 3% hoër teen R371,86 op die JSE verhandel.

Meer oor:  Kumba Iron Ore  |  Uitvoer  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.