Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
KYK: Australiërs kry enorme klippe vol goud

Die Australiese mynmaatskappy RNC Minerals het twee enorme klippe wat duisende fynons goud bevat by sy Beta Hunt-myn gevind.

Die twee klippe weeg 95 kg en 63 kg en bevat onderskeidelik sowat 2 440 en 1 620 fynons goud.

Die maatskappy sê in ’n verklaring op sy webtuiste hy sal eers kan sê presies hoeveel goud die twee rotse bevat wanneer dit verwerk is.

Goud verhandel tans teen $1 194 per fynons. Die rand verhandel teen R15,11 teenoor die dollar.

Dit beteken die maatskappy se vonds van 4 060 fynons goud is tans sowat $4 847 640 oftewel R73,25 miljoen werd.

Wat die vonds spesiaal maak, is dat die Beta Hunt-myn eintlik ’n nikkel en nie ’n goudmyn is nie.

Die myn is in Kambalda-Oos in Wes-Australië, sowat 600 km oos van Perth.

Meer oor:  Australië  |  Mynbou  |  Goud  |  Mynboubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.