Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mynbou
KYK: Enorme smarag van 1,1 kg gevind
Die Inkalamu-smarag wat 1,1 kg weeg.

’n Smarag wat 1,1 kg weeg, is in ’n Zambies myn gevind.

Die steen van 5 655 karaat is vroeër in Oktober in Gemfields se Kagem-myn gevind.

Gemfields sê in ’n verklaring die steen is op 2 Oktober in die oostelike deel van sy myn deur Debapriya Rakshit, ’n geoloog, gevind.

Gemfields het besluit om vanweë die grootte van die steen vir hom ’n naam te gee: Inkalamu, wat “leeu” in die Zambiese taal Bemba beteken.

Die steen sal in November in Singapoer opgeveil word.

Die steen is bykans twee keer groter as die grootste diamant wat al gevind is.

Die Cullinan-diamant, wat in 1905 in die Cullinan-myn naby Pretoria gevind is, was 3 106,75 karaat voordat dit geslyp is.

Die smarag, hoewel baie groter, gaan waarskynlik teen beduidend minder as die Cullinan-diamant verkoop word.

Die Cullinan-diamant is in verskeie stene geslyp. Die grootste, van sowat 530,2 karaat, word op $400 miljoen gewaardeer.

Gemfields het voorheen ’n smarag so groot soos ’n pynappel in een van sy kluise toegesluit omdat hy nie geweet het hoeveel dit werd was nie.

Die maatskappy sê nie vir hoeveel hy die steen verkoop het nie.

Gemfields, wat ook robyne in Mosambiek ontgin, is in 2017 deur die Suid-Afrikaanse mynbeleggingsmaatskappy Pallinghurst Resources oorgeneem.

Meer oor:  Pallinghurst Resources  |  Gemfields  |  Zambië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.